Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Sri Lanka skok Aussies in T20-stryd

Sri Lanka se T20-krieketspan is in die wolke nadat hy Vrydag in Melbourne Australië in die eerste van drie T20-wedstryde met vyf paaltjies geklop het.

Asela Gunaratne op pad na sy honderdtal in die onlangse vyfde en laaste eendagwedstryd teen Suid-Afrika. Hy was Vrydag in Melbourne weer Sri Lanka se held in die eerste T20-wedstryd teen Australië. Foto: Reuters

Nadat Australië 168/6 in sy kolfbeurt behaal het, het Sri Lanka se Chamara Kapugedera, wat nie saam met die toerspan in Suid-Afrika was nie, die wenlopies van die laaste bal af geslaan nadat die toerspan ses lopies in die laaste boulbeurt moes aanteken om te wen.

Australië se beste kolwer was Aaron Finch met 43 (34 b, 2x4, 2x6). Lasith Malinga het sy terugkeer met 2/29 gevier.

Sri Lanka, danksy Asela Gunaratne met 52 (37 b, 7x4) en Dilshan Munaweera met 44 (29 b, 6x4) het 172/5 in sy kolfbeurt aangeteken.

Ashton Turner (2/12) en Adam Zampa (2/26) was die Aussies se beste boulers.

“Ons het Suid-Afrika en Australië – een van die beste spanne in die wêreld – geklop en dis ’n lekker gevoel,” het Sri Lanka se kaptein Upul Tharanga, aan ESPNcricinfo.com gesê.

Die tweede T20-wedstryd vind Sondag in Geelong plaas en die derde op 22 Februarie in Adelaide. – Sportredaksie

Meer oor:  Sri Lanka  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.