Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Sri Lanka-toer na Pakistan dalk afgelas

Sri Lanka gaan sy kriekettoer na Pakistan heroorweeg nadat hy glo ’n waarskuwing ontvang het van die eerste minister se kantoor dat ’n moontlike terreuraanval teen die span beplan word.

Dit kom enkel ure nadat Sri Lanka ’n rits tweede-keuse-spelers gekies het om die voorgestelde toer na Pakistan aan te pak.

Lasith Malinga is een van tien spelers wat weier om saam die Sri Lankaanse span na Pakistan te toer.Foto: Getty Images

In ’n verklaring wat op Sri Lanka Krieket (SLK) se webblad uitgereik is, sê die unie dat die hulp van die land se regering ingeroep is om die toer te “herevalueer”.

“Die besluit is geneem nadat ’n waarskuwing, wat die SLK van die eerste minister se kantoor ontvang is, deur die ministerie van telekommunikasie, buitelandse indiensneming en sport gestuur is,” lui die verklaring.

“Die waarskuwing dui daarop dat die eerste minister betroubare inligting ontvang het van ’n moontlike bedreiging wat terroriste vir die Sri Lankaanse span inhou terwyl hy in Pakistan toer.”

Twee dae voordat die span aangekondig is, het die span se kapteins, Dimuth Karunaratne en Lasith Malinga, aan die unie geskryf en gesê hulle weier om na Pakistan te toer.

Agt ander lede van die span het hul sentimente gedeel.

Sr Lanka is geskeduleer om tussen 27 September en 9 Oktober drie eendagwedstryde en dieselfde aantal T20-stryde in Karachi en Lahore te speel. – Sportredaksie, cricket.lk

Meer oor:  Lasith Malinga  |  Karachi  |  Lahore  |  Terreurwaarskuwing  |  Sri Lanka  |  Pakistan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.