Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
St. Stithians mors met St. Andrew’s

St. Stithians se krieketspan het sy stem dik gemaak toe hy die verdedigende kampioen, St. Andrew’s, Vrydag in Pretoria op die eerste dag van die T20-skolekampioenskap met 46 lopies geklop het.

Ruan Cronjé van St. Andrew’s benut ’n vangskoot Vrydagoggend om van Sebastian de Oliviera van St. Stithians ontslae te raak. Foto: Gallo Images

St. Stithians, die Lions se verteenwoordiger, wat die titel drie keer vantevore gewen het, het eerste gekolf en 149/8 in 20 boulbeurte aangeteken, waarna St. Andrew’s slegs met 103/9 kon antwoord.

Saints was in sy kolfbeurt vroeg op 27/5 kniediep in die moeilikheid. Reeza Alexander (33, 31b) was die enigste van die Bloemfonteiners wat hond haaraf met die kolf kon maak.

Matthew Lieberman van die wenspan se 3/12 was die beste boulvertoning op die dag

St. Stithians en Paarl Gimnasium (Cobras) het in die middag gelykop gespeel, nadat albei spanne op 151 geëindig het.

Cameron Rowe se 74 vir St. Stithians was die beste kolfvertoning van die dag.

Daar is ’n “superbeurt” beslis om ’n wenner te bepaal, met Jodi de Sousa wat met ’n ses van die laaste bal die wedstryd vir St. Stithians beklink het.

Gimmies het in die oggend hul stemme dikgemaak toe hulle Hudson Park (KZN-kusstrook) met sewe paaltjies geklop het.

St. Andrew’s het in die middag vergoed vir sy vroeë nederlaag toe hy Hudson Park met 130 lopies afgeransel het.

Die Bloemfonteiners het eerste gekolf en ’n reuse 226/4 in 20 boulbeurte aangeteken. Ruan Cronjé (72, 47b) en Henré Koekemoer (63, 25b) het behoorlik langsteel ingelê.

Hudson Park kon slegs 96/7 in 20 boulbeurte aanteken.

Saterdag se bepalings: 09:30: Hudson Park t. St. Stithians, St. Charles t. Queens, St. Andrew’s (Knights) t. Paarl Gimnasium, Waterkloof t. St. Andrew’s (Warriors). – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.