Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Standard Bank gaan met KSA vergader

Die maalkolk waarin Suid-Afrikaanse krieket hom bevind, het een van dié sport se vernaamste borge, Standard Bank, ook nou bereik.

Standard Bank het Maandagmiddag in ’n verklaring gesê sy verteenwoordigers sal voor die einde van die dag met verteenwoordigers van Krieket Suid-Afrika (KSA) vergader, “na aanleiding van mediaberigte oor (KSA se) bestuur en optrede wat die naam van krieket in oneer gebring het”.

Thabang Moroe, KSA se uitvoerende hoof. Foto: Gallo Images

Die bankgroep sê hy het die vergadering belê as “een van die vernaamste borge van Suid-Afrika se nasionale manspan”.

Thulani Sibeko, Standard Bank se bemarkingshoof, bestempel krieket in die verklaring as ’n nasionale bate wat gekoester moet word om te floreer.

“Met erkenning vir die wydverspreide belangstelling in en ondersteuning van krieket, heg ons groot waarde aan die regte van Suid-Afrikaners en die breër krieketgemeenskap om te weet van verwikkelinge binne KSA, veral rondom bestuur en optrede,” sê Sibeko.

“Standard Bank is hoopvol dat ons die vergadering sal verlaat met nuwe gerustheid dat ons bekommernisse, en dié van ander aandeelhouers, gou aangespreek sal word.”

Die Standard Bank-verklaring volg op opmerkings deur Sanef, die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, dat KSA (en ander sportbeheerliggame) hul daarvan moet weerhou om dekking van hul sportsoorte deur intimidasie te probeer beheer.

“Akkreditasie mag nie sonder meer onttrek word as daar nie behoorlike en deursigtige besprekings met nuusorganisasies was nie,” sê Sanef in ’n verklaring.

Sanef en Standard Bank het albei gereageer nadat KSA Sondag die akkreditasie van vyf veteraan-krieketjoernaliste by die land se grootste stadions gekanselleer het, maar ná ’n storm op sosiale media weer ingestel het.

Thabang Moroe, die uitvoerende hoof van KSA, het Maandag op 702 erken die betrokke joernaliste se akkreditasie is teruggetrek omdat die krieketliggaam ontevrede was met die strekking van hul beriggewing. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieketskrywers  |  Mediaberigte Borge  |  Ksa  |  Standard Bank  |  Sanef  |  Thabang Moroe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.