Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Standard Bank onttrek sy borgskap
Faf du Plessis, Protea-kaptein, staan die media te woord. Die Standard Bank-logo kan in die agtergrond gesien word.

Krieket Suid-Afrika is ’n nekslag toegedien te midde van die warboel waarin hy verkeer met die nuus dat sy hoofborg, Standard Bank, hom ingelig het dat hy nie sy borgskap gaan verleng nie.

Die borgskap loop aan die einde van die seisoen op 30 April volgende jaar ten einde.

Thulani Sibeko, hoof van bemarking en kommunikasie by Standard Bank, wat al lank by KSA betrokke is, sê die besluit is nie ligtelik geneem nie.

Die borg en KSA het vroeër vandeesweek ’n vergadering gehou ná die chaos waarin die beheerliggaam hom tans bevind.

Standard Bank wou KSA vroegtydig van hul besluit in kennis stel en glo dis van pas en regverdig om hom nou al daarvan te sê sodat hy ’n plaasvervanger kan begin soek.

Dit wil voorkom of dié aankondiging Vrydag ook tot die gevolglike skorsing van Thabang Moroe, KSA se uitvoerende hoof, kort daarna gelei het.

Meer oor:  Thabang Moroe  |  Faf Du Plessis  |  Borg  |  Krieket Suid-Afrika  |  Proteas  |  Krieket  |  Onttrek  |  Ksa  |  Standard Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.