Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Fris Starc wil weer teen 160 km/h boul

Mitchell Starc is skrikkerig vir beserings omdat hy té vinnig boul, maar dié Australiese snelbouler hoop om in die komende somer se tuistoetse weer kartetse teen 160 km/h af te stuur nadat hy 5 kg se spiere bygekry het.

Mitchell Starc stuur vroeër vanjaar ’n aflewering af in ’n eendagwedstryd tussen Australië en Suid-Afrika in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Dié links-snelbouler is een van net ’n handvol boulers wat al teen daardie spoed geboul het, toe hy ’n aflewering teen ’n ysingwekkende 160,4 km/h afgestuur het in die tweede toets teen Nieu-Seeland in Perth in 2015.

Hy het in die volgende toets op die Adelaide-ovaal, die eerste middag/aand-toets, egter ’n stresfraktuur opgedoen.

Hy het ook verlede jaar ’n borsspier verrek nadat hy baie vinnig in Canberra teen Sri Lanka geboul het.

Hy voel egter nou sterker ná die lang aftydperk en hy hoop hy sal terugkeer na sy topspoed.

“Dit sal lekker wees, maar terselfdertyd het ek beserings opgedoen die kere wat ek wel 160 km/h gehaal het,” het hy aan Krieket Australië se webblad gesê.

“Hopelik sal dit nie nou weer die geval wees nie en as my ritme daar is en die toestande my pas, sal ek weer by daardie spoed kan uitkom.

“Miskien sal die ekstra tyd in die gimnasium en die tyd wat ek af was, my kan help daarmee.”

Starc se volgende internasionale verpligting is ’n eendagreeks teen Engeland in September, terwyl Indië later vanjaar besoek in Australië moet aflê.

Starc het sy aksie verfyn met die hulp van André Adams, Nieu-Suid-Wallis se hulpafrigter. Danksy sy verbeterde beheer het hy 29 paaltjies in Australië se mees onlangse toetsreekse teen Pakistan en Nieu-Seeland geneem.

“Ek wil steeds vinnig boul en gaan dit nie prysgee nie, maar ek moet ’n manier kry om nie baie lopies af te staan nie,” sê hy.

“Ek dink die aanpassing in my boulaksie gaan daarmee help.” – Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Mitchell Starc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.