Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Stem eerder vir Kane, vra Stokes

Ben Stokes sê hy is gevlei deur sy benoeming vir die Nieu-Seelander van die Jaar-eerbewys, maar glo dié land se krieketkaptein, Kane Williamson, moet eerder die eerbewys ontvang.

Die veelsydige Engelse krieketspeler Ben Stokes sê dit sal nie reg voel om as die “Nieu-Seelander van die Jaar” aangewys te word nie. Foto: Getty Images

Stokes (28) is as Speler van die Wedstryd aangewys in die Wêreldbeker-eindstryd vroeër vandeesmaand waar Engeland Nieu-Seeland dramaties op ’n tegniese punt getroef het.

Hy is egter in Nieu-Seeland gebore en het na Engeland verhuis as ’n 12-jarige toe sy pa ’n pos as rugbyliga-afrigter in Brittanje gekry het.

Hoewel Stokes Nieu-Seelanders se hart gebreek het met sy kolfwerk in die eindstryd, is daar berig dat hy vanweë sy Kiwi-wortels benoem is vir die groot eerbewys.

Stokes het Dinsdag in ’n verklaring gesê ofskoon hy trots is op sy Nieu-Seelandse en Maori-herkoms, sal dit nie “reg voel” om dié eerbewys te ontvang nie.

“Ek voel dat die hele land sy steun aan die Nieu-Seelandse kaptein, Kane Williamson, moet gee. Hy moet as ’n Kiwi-legende vereer word. Hy het sy span tydens die WB-toernooi met onderskeiding en eer gelei,” het Stokes in die verklaring gesê.

“Hy was die Speler van die Toernooi en ’n indrukwekkende leier. Hy het nederigheid en empatie deur die hele toernooi gewys en is ’n fantastiese mens. Hy versinnebeeld die waardes van ’n ware Nieu-Seelander,” het Stokes gesê.

Benoemings vir die eerbewys sluit op 15 September. ’n Kortlys sal in Desember aangewys word en die wenner sal in Februarie aangekondig word.

Die voormalige All Black-kaptein Richie McCaw is die laaste sportpersoonlikheid wat dié prys gewen het. Hy het dit in 2015 ontvang nadat die All Blacks hul tweede agtereenvolgende WB-toernooi gewen het. 

Nieu-Seeland se kaptein, Kane Williamson. Foto: Getty Images

– Reuters

Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  Eendagkrieket  |  Ben Stokes  |  Proteas  |  Kane Williamson  |  Lord's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.