Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Steyn by Stars in Aussies se Big Bash
Dale Steyn Foto: Gallo Images

Die Protea-voorslagbouler Dale Steyn gaan voorlopig vir die Melbourne Stars se eerste ses Big Bash-krieketwedstryde in Australië beskikbaar wees.

Hy kan selfs langer in dié T20-liga aanbly as hy nie vir die Proteas se eendagreeks teen Engeland in Februarie benodig word nie.

Die 36-jarige Steyn sal hom net ná die plaaslike Mzansi-superliga by sy span in Australië aansluit.

Die eindstryd van die MSL is op 16 Desember.

Die Stars se eerste wedstryd op 20 Desember is teen die Brisbane Heat, vir wie AB de Villiers speel. De Villiers is egter eers in Januarie vir die Heat beskikbaar.

Steyn het aan espncricinfo.com bevestig hy is beskikbaar vir die Proteas vir die T20-wêreldtoernooi, wat volgende jaar in Oktober en November in Australië gehou word. – Sportredaksie

Meer oor:  Dale Steyn  |  Australie  |  Krieket  |  T20-Reeks  |  Protea  |  Snelbouler  |  Big Bash
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.