Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Steyn se terugkeer vir eers op ys
Dale Steyn.Foto: Gallo Images

Dale Steyn gaan nie meer aanstaande week sy langverwagte terugkeer vir die Titans se krieketspan maak nie.

Hy sal dan eers weer ’n skandering aan sy beseerde regterskouer ondergaan en sal die Titans se openingswedstryd in die meerdaagse reeks op SuperSportpark in Centurion teen die Dolphins misloop.

Jacques Kallis, wat die afrigter van die Cape Town Knight Riders in die T20 Global League (T20GL) is wat later vanjaar plaasvind, sê hy is gereeld in kontak met Steyn en dat hy glo hy slaggereed sal wees wanneer die T20GL begin.

“Hy boul al tot sewe boulbeurte per dag. Ek dink dit is belangrik dat hy so effe terughou en nie oorhaastig is om nou al te wil begin speel nie.

“Ek dink dit is baie volwasse van hom om dinge stelselmatig te neem en seker te maak hy is ten volle fiks voor hy dit in ’n wedstryd waag,” sê Kallis.

Kallis was Dinsdag in Centurion, waar aangekondig is dat Momentum ’n vennootskap met die Jacques Kallis-stigting gaan smee om jong spelers uit agtergeblewe gemeenskappe die kans te gee om na van die voorste krieketskole in die land te gaan.

Ek dink dit is belangrik dat hy so effe terughou en nie oorhaastig is om nou al te wil begin speel nie.
Jacques Kallis

Momentum het ook terselfdertyd aangekondig dat hy sy borgskap van Suid-Afrikaanse krieket verleng vir die volgende vyf jaar.

Kallis sê hy is opgewonde oor die nuwe krieketseisoen wat voorlê en die aanstelling van die nuwe Protea-afrigter, Ottis Gibson.

“Dit is ’n vars, nuwe begin vir Suid-Afrikaanse krieket. Ek glo Ottis gaan met sy eie idees na vore kom en dit sal ’n goeie ding wees.

“Hy sou nie so hoog aangeslaan word by die Engelse span as hy nie ’n afrigter van gehalte was nie. Hierdie gaan ’n groot seisoen vir Suid-Afrika wees,” glo Kallis.

Jacques Kallis het ’n vennootskap met Momentum aangegaan om krieketspelers uit agtergeblewe gemeenskappe te help ontwikkel. Danie van den Berg van die borg het dié aankondiging Dinsdag in Centurion gemaak.Foto: Gallo Images

Hy sê hy sal nie graag grootskaalse veranderinge aan die span wil sien nie. “Daar is dalk enkele posisies waarna gekyk moet word, maar ek is bly ek is nie ’n keurder wat daardie besluite moet maak nie,” sê hy.

Wat die besluit betref om Faf du Plessis ook nou die eendagkaptein te maak in die plek van AB de Villiers, sê Kallis hy is verheug oor die kontinuïteit wat dit sal meebring.

“Faf het hom bewys as ’n baie goeie kaptein wat die steun van sy spelers geniet. Vir my is dit die regte skuif,” sê hy.

Meer oor:  Dale Steyn  |  Jacques Kallis  |  Krieket  |  Snelbouler  |  Terugkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.