Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Stokes, Archer terug vir toetse teen Indië
Ben Stokes sal ná ’n blaaskans weer vir Engeland diens doen in die komende toetsreeks teen Indië. Foto: Getty Images

Ben Stokes, Jofra Archer en Rory Burns is terug in Engeland se krieketgroep vir die eerste twee toetse in die komende toetsreeks van vier teen Indië.

Stokes en Archer is ruskans gegee vir die reeks teen Sri Lanka, terwyl Burns sy vrou bygestaan het met die geboorte van hul eersteling.

Jonny Bairstow, Sam Curran en Mark Wood kry nou ruskans en sal die eerste twee toetse misloop.

Die eerste toets begin op 5 Februarie in Chennai aan Indië se ooskus.

Ollie Pope kan hom by die groep aansluit sodra hy fiks verklaar word. Hy het in September teen Pakistan ’n skouerbesering opgedoen.

Engeland gaan ná die vier toetse ook vyf T20-wedstryde en drie eendagwedsryde teen Indië speel.

Engeland se toetsgroep vir die eerste twee toetse: Joe Root (k), Jofra Archer, Moeen Ali, James Anderson, Dom Bess, Stuart Broad, Rory Burns, Jos Buttler, Zak Crawley, Ben Foakes, Dan Lawrence, Jack Leach, Dom Sibley, Ben Stokes, Olly Stone en Chris Woakes. – Sportredaksie

Meer oor:  Indië  |  Toetskrieket  |  Ben Stokes  |  Jofra Archer  |  Engeland  |  Toetsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.