Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Stokes: ‘Bakleiery dalk beste ding ooit’

Die geveg buite ’n nagklub in Bristol en die daaropvolgende gebeure was straks die beste ding wat met hom kon gebeur, sê Ben Stokes, omstrede krieketspeler van Engeland.

Dié 27-jarige boorling van Christchurch in Nieu-Seeland, het in 2017 koerantopskrifte gehaal nadat hy twee mans buite ’n nagklub in Bristol met die vuiste toegetakel het nadat hy toegang tot die klub geweier is.

Ben Stokes tydens ’n oefensessie van Engeland se nasionale span in Maart. Foto: Getty Images

Sy spanmaat Alex Hales, wat saam met hom daar was, is ook ondervra oor die gebeure, maar is nooit deur die polisie aangekla nie.

“Dit klink simpel, maar dalk was Bristol die beste ding wat met my kon gebeur. Wie weet. Dalk het dit die manier waarop ek dink verander,” het Stokes aan espncricinfo.com gesê.

Volgens die veelsydige speler het die gebeure van daardie aand, wat hom ook in die pekel by die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) laat beland het, sy lewe soos handomkeer verander.

“Ek gaan nie meer uit nie. Ek bedoel, ek gaan uit vir ete, maar ek gaan nie meer in Engeland uit (om te kuier) nie.

“Ek het dit altyd geniet om saam met die ouens uit te gaan en oorwinnings te vier. Maar ons kan dit steeds in die hotel doen en dis nie asof ek dit mis nie.

“Sodra jy die besluit geneem het om dit nie meer te doen nie (uit te gaan nie), dan mis jy dit nie.

“Daar is geen punt daarin nie. Mense herken jou en dan, ná ’n paar wodka’s, of wat ook al, het iemand die selfvertroue om na jou toe te kom en te sê net wat hy wil. Daar is oral mense wat jou as ’n teiken sien, waar jy ook al gaan. Ek verkies nou om nêrens te gaan nie en eerder oor onsinnighede met my spanmaats te gesels,” sê Stokes.

Die hof het hom in Augustus 2018 vrygespreek, maar hy moes steeds in Desember voor ’n tugverhoor van die ECB verskyn omdat hy die spel in oneer gebring het.

Stokes sê egter die gebeure gaan altyd deel wees van wie en wat hy is.

“Die dit maak nie saak wat gebeur nie, die gebeure in Bristol gaan altyd daar wees. Dit is iets wat ek altyd met my sal saamdra.”

Nou sê Stokes hy is vasbeslote om Engeland te help om vanjaar se Wêreldbekertoernooi in hul agterplaas te wen omdat hy om ander redes onthou wil word.

“Ek wil nie onthou word as die ou wat in ’n straatgeveg betrokke was nie, maar eerder vir dit wat ek op die veld gedoen het.

“As ons (Engeland) die Wêreldbeker kan wen, kan dit die eerste paragraaf (van sy profiel op espncricinfo.com) word. Ek dink die gedagte dat ek alles kon verloor, was die ding wat my uitkyk en denkwyse verander het,” sê Stokes.

Daar was sprake dat die ringkoppe van die ECB sy kontrak kon opskeur, selfs nadat hy deur die hof vrygespreek is.

“My loopbaan was baie naby aan ’n einde. Dan sou ek alles weggesmyt het,” sê Stokes, wat laat glip het dat hy nie sy loopbaan as vanselfsprekend aanvaar nie.

“Ek is net 27, maar teen hierdie ouderdom begin alles meer pyn en dit raak moeiliker om aan te gaan. Ek voel die beste manier om my loopbaan so lank as moontlik te verleng, is om so fiks as moontlik te wees. Ek wil nie eendag op my loopbaan terugkyk en dink dat ek meer kon gedoen het en harder kon probeer nie,” sê Stokes. – Sportredaksie

Meer oor:  Ben Stokes  |  Engeland  |  Geveg  |  Nagklub
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.