Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Stokes benoem vir ‘Kiwi van die Jaar’-prys

Dis nie ’n April-gekkedaggrap nie: Die man wat Kiwi-harte verlede naweek in die Wêreldbeker-eindstryd op Lord’s gebreek het, die Engelse veelsydige ster Ben Stokes, is benoem vir die Nieu-Seelander van die Jaar-eerbewys.

Ben Stokes is reeds deur Theresa May, die Britse premier, met sy prestasie in die Wêreldbeker-eindstryd geluk gewens. Nou wink ’n eerbewys in Nieu-Seeland ook vir hom. Foto: Reuters

Die 28-jarige Stokes, wie se onoorwonne beurt van 84 lopies sy land gehelp het om uiteindelik ’n eerste Wêreldbeker-titel te verower, is in Nieu-Seeland gebore, maar het grootgeword in Engeland. Sy pa, Gerard, het destyds na Engeland verhuis om ’n pos as ’n rugbyliga-afrigter op te neem.

Die kaptein van die verslane Nieu-Seelandse krieketspan, Kane Williamson, is ook benoem vir dié eerbewys. Die hoofbeoordelaar van die eerbewys, Cameron Bennett, het aan die New Zealand Herald gesê die statigheid waarmee Williamson sy span se hartverskeurende nederlaag gehanteer het, het ’n reuse-indruk op alle Kiwi’s gemaak.

Oor Stokes se benoeming, het Bennett gesê: “Hy het dalk nie vir die Swartpette gespeel nie, maar hy’s in Christchurch gebore, waar sy ouers woon, en het selfs ’n bietjie Maori-bloed in hom, so baie Kiwi’s glo ons kan ’n kleim op hom afsteek as ’n Nieu-Seelander.”

Die Nieu-Seelander van die Jaar-eerbewys word tipies aan prominente lede van die gemeenskap toegeken, maar sportmanne het dit al verower. Die laaste een was die voormalige All Black-kaptein Richie McCaw.

Die benoemingsproses vir dié eerbewys sluit in September. ’n Kortlys word in Desember saamgestel en die wenner word uiteindelik in Februarie aangekondig. 

– Reuters

Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  Eendagkrieket  |  Ben Stokes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.