Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Ben Stokes hou sy lyf ‘F1-renjaer’

Die Ferrari-renjaer Charles Leclerc en die Engelse krieketspeler Ben Stokes gaan Sondag in ’n virtuele wedren in aksie wees.

Ben Stokes tydens ’n oefensessie van Engeland se krieketspan in Maart in Sri Lanka. Foto: Getty Images

Ná die eerste virtuele wedren twee weke gelede wat as’t ware in Bahrein plaasgevind het, sal ’n spul renjaers Sondag in Melbourne jaag.

Die aanpassing is natuurlik deur die renjaers gemaak om die leemte te probeer vul, noudat daar met die Covid-19-pandemie geen sport plaasvind nie.

Die ander renjaers wat in aksie gaan wees is George Russell, Lando Norris, Nicholas Latifi en Alex Albon.

Stokes (28) het op Twitter laat blyk hy kan nie meer wag nie. Die wedren bestaan uit ’n kwalifiserende sessie, met die wedren wat oor 28 rondtes beslis word.

Leclerc het op sy beurt op sosiale media gesê: “Die eerste wedren van die seisoen is ophande. Ek sal hierdie naweek aan my eerste virtuele wedren deelneem.” – TeamTalk


Meer oor:  Virtuele Wedren  |  F1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.