Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Stokes kolf Windies flou op Old Trafford

’n Wonderlike 176 deur Ben Stokes het Engeland Vrydag in beheer van sake geplaas na dag 2 van die tweede kriekettoets teen die Wes-Indiese Eilande op Old Trafford in Manchester.

Ben Stokes (links) en Dom Sibley het 240 lopies om die vierde paaltjie aangeteken. Foto: AP

Engeland het sy beurt ’n uur voor die uitskeityd op 469/9 gesluit. Die Windies sal Saterdag op 32/1 voortkolf nadat die linkshandige swaaibouler Sam Curran die aanvangskolwer John Campbell (12) been voor paaltjie betrap het.

Die agterstand is nog 437 lopies.

Die Windies is met 1-0 voor in die reeks van drie toetse nadat hulle die eerste toets in Southampton met 4 paaltjies gewen het.

Stokes het 356 balle trotseer, 17 viere en twee sesse gemoker en nogmaals bewys waarom hy vir niemand as veelsydige speler terugstaan nie.

Die Windies-kaptein, Jason Holder, het vooraf die tweestryd tussen toetskrieket se twee voorste veelsydige spelers oorheers, maar Stokes het in Manchester sy hand opgesteek.

Hy en die aanvangskolwer Dom Sibley (120; 372 balle, 5x4) het ’n vennootskap van 260 lopies om die vierde paaltjie gedeel.

Die Windies se naatboulers kan hulself ongelukkig ag nadat hulle die buiterand van Stokes en Sibley se kolwe male sonder tal geklop het, sonder enige sukses.

Die groot vraag is egter of Engeland nie te lank gekolf het nie. Met reën wat vir Saterdag voorspel word, gaan die tuisspan se boulers moet uithaal om 20 paaltjies in die wedstryd te neem.

Die Windies se uitblinker was die wegbreekbouler Roston Chase, wat met 5/172 geëindig het. Hy het ’n swaar werklas gehad met Shannon Gabriel wat by tye gesukkel het met sy fiksheid en Alzarri Joseph wat ’n skouer beseer het.

Die Windies het 162 boulbeurte in die eerste beurt geboul met die twee blitse, Gabriel en Joseph, wat net in 49.1 daarvan ’n aandeel gehad het.

TELKAART

Meer oor:  Manchester  |  Old Trafford  |  Engeland  |  Wes-Indiese Eilande  |  Toetskrieket  |  Windies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.