Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Stokes nou beter ná bakleiery

Die bakleiery waarby Ben Stokes in 2017 buite ’n nagklub in Bristol betrokke was, was ’n bedekte seën, sê Engeland se voormalige direkteur van krieket, sir Andrew Strauss.

Ben Stokes verlede jaar tydens die toets teen die Aussies op Headingley. Foto: Getty Images

Stokes het ’n droomseisoen agter die blad waarin hy Engeland tot die Wêreldbeker (WB)-trofee gekolf het en sy span tot ’n oorwinning gevoer het met ’n ongelooflike 100-tal teen die Aussies in die spanne se As-toets op Headingley.

Twee jaar gelede was dit egter nie eens seker of hy in die WB sou kon speel nie. Stokes is van bakleiery aangekla en het in die hof verskyn voordat hy in Augustus 2018 vrygespreek is.

Sir Andrew Strauss. Foto: Getty Images

“As ek terugkyk, het dít wat met Ben gebeur het, die spelers genoop om te waardeer dat kultuur belangrik is,” het Strauss op Sky Sports se podsending gesê.

“Teen die WB was daar ’n sterk kultuur in die span. Jy is nie net beoordeel op jou spel nie, maar ook op hoe jy opgetree het.”

Hy sê dit was nietemin ’n aaklige tyd in Stokes se lewe.

Ben Stokes tydens een van sy hofverskynings vir ’n voorval by ’n nagklub in Bristol in 2017. Foto: Getty Images

“Dit was ’n brutaal taai tydperk in sy lewe. Ek dink die ervaring het van hom ’n beter mens en speler gemaak. Ben was so ’n belangrike deel van ons toekoms, so ons moes hom laat voel hy word ondersteun, maar dit ook duidelik laat blyk wat hy gedoen het, is onaanvaarbaar,” sê Strauss.

“Ben het op die volmaakte manier gereageer. Hy het baie volwasse opgetree en heel aan die anderkant uitgekom. Ons het ongelooflike vertonings van hom gesien die laaste 12 maande.”

Volgens Strauss kon daardie oomblik Stokes se Engelse loopbaan vernietig het, maar is hy nou beter nadat hy daardeur gegaan het.

“Ek voel hy het gemaklik geraak met die idee dat hy ’n superster is en dat mense in krisistye ongelooflike dinge van hom verwag.”

Meer oor:  Andrew Strauss  |  Ben Stokes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.