Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Stokes, Pope kolf Proteas kis in PE

Ben Stokes en Ollie Pope het Suid-Afrika se wenkans in die derde toets in Port Elizabeth Vrydagoggend met skitterende kolfwerk verpletter.

Ben Stokes onderweg na sy honderdtal. Foto: Getty Images

Die briljante Stokes (108*) en die indrukwekkende Pope (75*) het Engeland se oornagtelling van 224/4 tot 335/4 laat groei in ’n sessie waarin Suid-Afrika absoluut niks op ’n mak blad kon uitrig nie.

Die begin is met 45 minute weens reën vertraag, maar die Engelse kolwers was onmiddellik aangeskakel toe spel eindelik begin.

Die Proteas, daarteenoor, het planloos voorgekom. Miskien het die nuus dat Kagiso Rabada gestraf is vir sy feesviering ná Joe Root se paaltjie Donderdag die span negatief gemaak. Hulle sal nietemin voel dat dit die ideale blad is vir van die kolwers, soos Faf du Plessis, om lopiedroogtes te breek.

Vir Stokes is daar egter geen droogte nie. Hy het sy negende toetshonderdtal gevier deur sy handskoen af te haal en die boonste lit van sy middelvinger in te trek, dat dit soos ’n stompie lyk.

Dit is ’n eerbetoning aan sy siek pa, Ged, wat sy vinger in sy rugbyliga-loopbaan moes laat afsny omdat hy nie geld gehad het vir ’n operasie nie.

Net ná Stokes se honderdtal het die debutant Dane Paterson gedink hy maak uiteindelik die deurbraak deur Pope been voor paaltjie te kry . . . maar Pope het die beslissing verwys en die kykweer het gewys die bal sou die penne geheel en al mis.

REGSTREEKSE BLOG

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.