Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Stokes: 10 drankies, maar nugter
Ben Stokes en sy vrou Clare verlaat die hof in Bristol. Foto: Reuters

Dit het op die vierde dag van die hofsaak waarin die Engelse krieketspeler Ben Stokes tereg staan op ’n klag van bakleiery aan die lig gekom dat hy soveel as 10 drankies voor die beweerde voorval gedrink het.

Stokes is verlede jaar in die oggendure op 25 September in hegtenis geneem nadat hy twee mans katswink geslaan het buite ’n nagklub.

Ryan Ali (wie se oogkas in die voorval gekraak is) en Ryan Hale is saam met Stokes aangekla van bakleiery. Hale, wat eerste disnis geslaan is, is Donderdag vrygespreek.

Stokes, wat skuld ontken, was Donderdag vir die eerste keer vandeesweek in die getuiebank.

Hy het gesê hy was nie dronk op die aand van die voorval nie.

Stokes, wat enkele ure vroeër 73 gemoker het in Engeland se eendagsege oor die Windies in Bristol, sê hy het ná die wedstryd een bier gedrink omdat hy moes bestuur. Hy het van die krieketveld gery na die hotel, waar hy, sy vrou Clare, en ’n paar spanmaats aandete geniet het en hy twee of drie pinte lager gedrink het.

Alex Hales (Foto: Getty Images)

Ná ete het hy en sy spanmaats Alex Hales, Jake Ball en Jimmy Anderson die middestad in taxi’s ingevaar.

Hy het by Mbargo “vyf of ses” vodka- en limonadedrankies geniet en by Pryzm nog vodka en limonade gedrink.

Hy en Hales is daarna terug na Mbargo.

Daar het die uitsmyter vir hulle gesê hulle kan ingaan nie.

Stokes sê hy het die deurman sowat £60 of £70 aangebied om hulle te laat ingaan, nie £300 soos vroeër gesê is nie.

Stoke ontken dat hy enigiets oor die deurman se tande gesê het of hom iets obseen genoem het. Hy het wel erken hy het aan die deurman gesê hy het “k*k tatoeërmerke”.

Stokes sê hy het geen homofobiese aanmerkings gemaak teenoor die twee gay mans wat by die beweerde voorval betrokke was nie.

“Beslis nie. Die enigste woorde tussen myself en die gay paartjie was oor wat ons gedra het daardie aand.”

Die enigste woorde tussen myself en die gay paartjie was oor wat ons gedra het daardie aand.
Ben Stokes

Stokes het ook ontken dat hy sy sigaretstompie na een van hulle geskiet het soos die deurman vroeër gesê het, of dat hy Ali en Hale binne Mbargo ontmoet het.

Hy sê Ali en Hale het buite die nagklub homofobiese aanmerkings teenoor twee gay mans, William O’Connor en Kai Barry, gemaak. Die krieketspeler het aan die jurie gesê hy het hulle daaroor aangespreek, waarna Ali vir hom iets gesê het soos “Bly stil of ek bottel jou”.

Hy sê Ali het ’n bottel aan die nek vasgehou en na sy spanmaat Hales geswaai. Dit was volgens hom die katalisator vir die moles. Hy het homself daarna bloot verdedig. 

– bristolpost.co.uk, bbc.com, theguardian.com

Meer oor:  Alex Hales  |  Ben Stokes  |  Bristol  |  Nagklub  |  Krieket  |  Hofsaak  |  Aanranding  |  Gay
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.