Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Stokes uit reeks om familie te besoek

Ben Stokes sal Engeland se laaste twee toetse teen Pakistan weens “familieredes” misloop.

Ben Stokes die afgelope week tydens Engeland se eerste toets teen Pakistan. Foto: Getty Images

Hy het tot dusver in al vier Engeland se toetse hierdie Engelse somer gespeel en sy land in die eerste een teen die Wes-Indiese Eilande aangevoer in die afwesigheid van Joe Root. Hy vlieg egter die komende week na Nieu-Seeland.

Hy is daar gebore en dit is waar sy ouers, Ged en Deb, steeds woon.

“Stokes sal Engeland later vandeesweek verlaat en na Nieu-Seeland reis,” sê die Engelse Krieketraad (ECB) in ’n verklaring. “Hy sal dus nie vanaf 13 Augustus en 21 Augustus teen Pakistan in Southampton in toetse kan speel nie.”

Die ECB het saam met die Stokes-familie versoek dat die media hul privaatheid in hierdie tydperk respekteer.

Hulle het ’n moeilike tyd oor Kersfees ervaar toe Ged na ‘n hospitaal in Johannesburg gehaas is op die vooraand van die Kerstoets teen Suid-Afrika.

Stokes het ’n lang tydperk by sy pa se siekbed deurgebring, maar het wel gespeel in die reeks, wat Engeland met 3-1 gewen het.

Hy het later ’n foto van sy pa geplaas, nadat hy ná 37 dae uit die hospitaal ontslaan is. Ged het in daardie tydperk drie operasies ondergaan en Stokes het sy pa as “sterk en hardkoppig” geloof.

Die Engelse groep het Manchester Sondag verlaat nadat hulle die eerste toets gewen het.

Die tweede toets begin Donderdag in Southampton, met die Sussex-bouler Ollie Robinson wat hom nou in Stokes se plek by die groep aansluit. – Reuters

Meer oor:  Pakistan  |  Ben Stokes  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.