Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Strawwe toerprogram’ laat Kiwi hokaai roep

Ná vyf jaar as kolfafrigter van Nieu-Seeland se krieketspan, gaan Craig McMillan halt roep.

Craig McMillan, kolfafrigter van Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Die 42-jarige McMillan het aangedui dat hy ná afloop van die Wêreldbeker (WB)-toernooi, wat van Mei tot Julie in Engeland en Wallis beslis word, die tuig gaan neerlê, berig espncricinfo.com.

McMillan het die Kiwi’s in sy speeldae in 55 toetse, 197 eendag- en agt T20-wedstryde verteenwoordig.

Een van die redes wat McMillan vir sy bedanking aanvoer, is die Nieu-Seelandse krieketspan se strawwe toerprogram.

“Ek het met my familie gesels omdat dit húlle is wat die afgelope vyf jaar soveel opofferings moes maak,” sê McMillan.

“Dit word elke jaar net meer en meer. Ek het diep binne myself geweet dit is tyd vir ’n verandering.”

Vir hom was een van die hoogtepunte in sy tyd by die Kiwi’s toe die span die eindstryd van die WB-toernooi in 2015 gehaal het. Nieu-Seeland was daardie jaar ’n medegasheer en het die Proteas in ’n dramatiese halfeindstryd geklop om die eindstryd te haal.

Australië het egter ’n gerieflike sege in die WB-eindstryd in Melbourne behaal. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Nieu-Seeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.