Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Streak-streke Zim-krieket se ‘donkerste dag’

Tavengwa Mukuhlani, voorsitter van Zimbabwe-krieket (ZK), sê die agt jaar lange skorsing van Heath Streak, voormalige veelsydige speler vir die nasionale span, is krieket se donkerste dag in daardie land.

Heath Streak in sy speeldae. Foto: Getty Images

Streak (47) het erken dat hy vyf keer die Internasionale Krieketraad (IKR) se teenkorrupsiereëls verbreek het en het Woensdag sy straf aanvaar.

“Dit is ’n baie hartseer en vernederende episode wat dalk in die geskiedenis opgeteken sal word as die donkerste dag vir krieket in Zimbabwe,” sê Mukuhlani.

“Streak was ’n gesiene mens en is as ’n rolmodel beskou vir ’n toekomstige generasie van krieketspelers. Maar, soos ons en die res van die wêreld nou weet, was hy ’n korrupte, gulsige en selfsugtige karakter wat ongelukkig sy status en posisie misbruik het om persoonlike gewin na te jaag.”

Mukuhlani het sy steun aan die straf toegesê en glo dit sal gestalte gee aan die stappe wat ZK en die IKR gedoen het om korrupsie uit te roei.

“Ons sal aanhou om aktief binne ons strukture en saam met die IKR te werk om misdadigheid in elke vorm uit te roei sodat krieket plaaslik en wêreldwyd met integriteit gespeel kan word.”

Streak, wat tussen 1993 en 2005 in 65 toetse en 189 eendagwedstryde vir Zimbabwe gespeel het, wou nie aan Reuters kommentaar lewer nie.

“Die aanklagte teen hom het binnekennis ingesluit wat vir weddery gebruik kon word en die feit dat hy nie die betaling van bitcoin verklaar het deur ’n potensieel korrupte persoon aan teenkorrupsiebeamptes nie.

Die betrokke wedstryde sluit in etlike internasionale kragmetings in 2018, sowel as wedstryde in T20-ligas in Indië, Pakistan, Afganistan en Bangladesj. – Reuters

Meer oor:  Tavengwa Mukuhlani  |  Krieket  |  Zimbabwe  |  Heath Streak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.