Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Streak vir 8 jaar uit krieket geskors

Die voormalige Zimbabwiese kaptein Heath Streak is vir agt jaar van alle krieket geskors.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het aangekondig dat Streak vyf oortredings begaan het wat die IKR se teenkorrupsie-gedragskode betref.

Heath Streak Foto: AP

Die IKR het in ’n verklaring gesê die oortredings het plaasgevind terwyl Streak as afrigter van Zimbabwe en verskeie plaaslike spanne gedien het.

Volgens IKR het Streak besluit om skuld te erken eerder as om deur ’n teenkorrupsie-hof verhoor te word.

Die oortredings het plaasgevind in internasionale wedstryde en in wedstryde in T20-ligas in Indië, Afganistan, Pakistan en Bangladesj.

“Hy het, as ’n kaptein en afrigter, poste van vertroue beklee en het die plig gehad om die integriteit van die spel te bevorder,” het die IKR in ’n verklaring gesê.

“Hy het die gedragskode verskeie kere oortree en het ook gehelp dat vier spelers genader is om oortredings te begaan. Hy het boonop probeer om ons ondersoek te belemmer,” het Alex Marshall, hoof van die teenkorrupsie-eenheid, gesê.

Streak (47) het tussen 1993 en 2005 in 65 toetse en 189 eendaagse wedstryde vir Zimbabwe gespeel. – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Zimbabwe  |  Heath Streak  |  Skorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.