Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Sunfoil eis ook KSA-base se kop

Die Willowton-groep, wat vir jare as die vervaardiger van Sunfoil-kookolie een van Suid-Afrikaanse krieket se vernaamste titelborge was, het ook sy stem gevoeg by die koor wat ’n skoonmaakoperasie by Krieket Suid-Afrika (KSA) eis.

Sunfoil was vir ses jaar die hoofborg van die plaaslike vierdagreeks.

Sunfoil, wat van 2011 tot 2018 die titelborg van die plaaslike vierdagreeks en die Proteas se toetsreekse was, is steeds op voetsoolvlak en deur die Sunfoil-trust betrokke by die sport.

Die Willowton-groep het Donderdag in ’n verklaring gesê die “besluitnemers binne KSA moet versigtig oorweeg of hulle nog die beste persone vir hul posisies is”.

Die groep kap ook na KSA omdat ’n menigte spelers Kolpak-kontrakte in Engeland aangegaan het, “deels weens misnoeë tussen die spelersvereniging en die administrateurs” en vir die chaos van die afgelope maande, wat onder meer Sondag se akkreditasie-warboel, die skorsing van drie senior beamptes, die herstrukturering van plaaslike krieket en die onsekerheid rondom die pos van direkteur van krieket insluit.

Weens dit alles stel die Willowton-groep in die verklaring ’n lang lys van eise aan KSA, wat insluit:

* die onmiddellike bedanking van die uitvoerende hoof (Thabang Moroe) en president (Chris Nenzani);

* die opheffing van die skorsings van Corrie van Zyl, Clive Eksteen en Naasei Appiah;

* die heraanstelling van Shirley Zinn en Iqbal Khan, twee onafhanklike KSA-raadslede wat sedert Dinsdag bedank het; en

* ’n onafhanklike oudit van KSA.

Die Willowton-groep se verklaring volg nadat die voormalige krieketbaas Ali Bacher Woensdag gesê het Moroe is uit sy diepte en die KSA-raadslid Jack Madiseng, Nenzani en KSA se visepresident, Beresford Williams, in ’n uitgelekte e-pos van ’n gebrek aan leierskap beskuldig het.

Ook Khan, wat Woensdagaand as raadslid bedank het, het in sy bedankingsbrief mond uitgespoel oor die rigting waarin KSA beweeg.

“Ek kan net nie langer sit en toekyk en betrokke wees by ’n liggaam wat die spel só ruïneer nie,” het Khan geskryf.

Meer oor:  Ksa  |  Thabang Moroe  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.