Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Swart krieket-rolspelers belê vergadering

Dit het die laaste paar weke duidelik geword dat transformasie in Suid-Afrikaanse krieket nie plaasvind nie en daarom het swart belanghebbendes besluit om Vrydag ’n vergadering te hou oor die toekoms van swart krieket.

Ntsongo Sibiya dien op die Sentraal-Gauteng Lions se raad. Foto: Sentraal-Gauteng Lions

Ntsongo Sibiya, ’n raadslid van die Gauteng Lions, sê die vergadering, wat by die Wanderers in Johannesburg sal plaasvind, is belê “deur die relevante belanghebbendes, onder wie die Soweto-krieketklub ’n beduidende rolspeler is.”

“Die vergadering is daar sodat ons kan bespreek waar swart krieket in die land heen op pad is. Dit sal in die besonder oor transformasie handel, wat nie plaasvind nie.

“Dít het duidelik geraak in die laaste paar weke.”

Sibiya is gevra of hy verwys na die veranderinge wat in die leierskap van Krieket Suid-Afrika (KSA) en in die Proteas se afrigtingspan gemaak is. Die voormalige uitvoerende hoof, Thabang Moroe, is geskors en tydelik deur Jacques Faul vervang. Graeme Smith is as die direkteur van krieket aangestel.

Dit sal in die besonder oor transformasie handel, wat nie plaasvind nie.
Ntsongo Sibiya

Mark Boucher is die Proteas se nuwe voltydse afrigter vir die volgende vier jaar, met Enoch Nkwe, wat die pos tydelik beklee het, wat ’n hulpafrigter gemaak is. Jacques Kallis is betrek as kolfkonsultant. Kritici noem die nuwe leierskap ’n “Old boys’ club”.

Sibiya sê dié skuiwe is maar slegs enkele van die talle kwessies wat swart belanghebbendes pla en wat bespreek sal word.

“Ons sal hoor wat al die probleme is en hoe daar voortaan opgetree moet word, indien daar iets moet gebeur.”

Die vergadering vind Vrydag om 09:00 in die Wanderers se Long Room plaas en enigiemand is welkom, ongeag ras, sê Sibiya. Die toekoms van swart krieket in die land is die enigste item op die agenda.

’n Woordvoerder van KSA sê die nasionale beheerliggaam is nie betrokke nie.

Die eerste toets teen Engeland begin Donderdag op SuperSport-park in Centurion. Dit is Boucher se eerste toets as Protea-afrigter.

Meer oor:  Centurion  |  Mark Boucher  |  Transformasie  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.