Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Swartpette en Windies Covid-vry

Al Nieu-Seeland en die Wes-Indiese Eilande se spelers wat tans in isolasie in Christchurch is, is negatief getoets vir die koronavirus.

Dié spelers sal almal na verwagting Donderdag ontslaan word voor die spanne se eerste T20-wedstryd in Auckland.

Mitchell Santner sal vir Ajaz Patel vervang in Nieu-Seeland se toetsgroep vir sy reeks teen die Wes-Indiese Eilande. Foto: Getty Images

Sowat 20 spelers en ondersteuningspersoneel van albei spanne het in Nieu-Seeland aangekom ná hul verpligtinge in die Indiese Premierliga en moes ’n verpligte 14 dae in isolasie deurbring.

Hulle is toegelaat om in klein groepe te oefen ná hul eerste Covid-19-toets en is in totaal drie keer getoets terwyl hulle in isolasie was.

Nieu-Seeland Krieket, wat die negatiewe toetse bevestig het, sê dat al die spelers waarskynlik Donderdagoggend ontslaan sal word voor die eerste van drie T20-kragmetings.

Nieu-Seeland moes egter noodgedwonge veranderinge aan sy groep maak vir die eerste toets, wat direk ná die T20-reeks begin.

Dit nadat die veelsydige Colin de Grandhomme en die draaibouler Ajaz Patel weens beserings nie meer oorweeg kan word nie.

De Grandhomme het ’n been in sy regtervoet beseer en word deur Daryl Mitchell vervang, terwyl Mitchell Santner in Patel se plek inkom terwyl hy nog herstel van ’n geskeurde kuitspier.

“Die onbeskikbaarheid van Colin en Ajaz het natuurlik ’n effek op die vloei van ons T20-span, wat die plaasvervangers verskaf vir die toetsgroep,” het Gary Stead, die Swartpette se breier, luidens ’n verklaring gesê.

“Mitch en Daryl sal beskikbaar wees vir die laaste T20-wedstryd, voordat hulle die Dinsdag by die toetsgroep inval waar hulle gemonitor sal word om te verseker dat hulle fiks en vars is voor die eerste toets wat die Donderdag begin.”

Santner, wat een van die spelers is wat tans nog in isolasie is, is ook die kapteinskap toegeken vir die laaste T20-stryd, met Tim Southee wat dan al by die toetsgroep aansluit.

Southee, wat as die kaptein aangewys is terwyl Kane Williamson gerus word, is net vir die eerste twee wedstryde aangewys. Stead reken dat Santner die logiese keuse is om die span te lei. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.