Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Swartpette slaan terug met goeie sege
Die Kiwi-debutant Kyle Jamieson vier Sondag in Wellington die paaltjie van die Indiese kolwer Cheteshwar Pujara. Nieu-Seeland het die eerste toets gewen. Foto: Getty Images

Nieu-Seeland se krieketspan het op die beste moontlike manier teruggeslaan.

Nadat hy baie kritiek moes verduur ná sy reeksnederlaag verlede maand met 0-3 teen Australië, het hy Indië Maandag in die eerste toets in Wellington met tien paaltjies geklop.

Die oorwinning was Nieu-Seeland se 100ste sedert hy in 1930-toetskrieket begin speel het.

Indië was onoorwonne in sy laaste nege toetse en was in sy sewe vorige toetse in die Wêreld-toetskampioenskap aan die wenkant.

Virat Kohli se Indiese span is ook die wêreld se voorste toetsspan.

Die terugkeer van die Kiwi-snellers Tim Southee en Trent Boult en die bekendstelling van die debutant Kyle Jamieson, wat 2,03 m in sy sokkies staan, was bepalend vir die tuisspan.

Die Kiwi’s het Indië twee keer vir minder as 200 lopies uitgeboul. Jamieson se lengte en die hoek van sy aflewerings het die Indiese kolwers baie probleme besorg.

Indië het sy laaste ses paaltjies vir 47 lopies verloor. Boult en Southee het die middelorde aan flarde geruk en toe die eindkolwers uitoorlê.

Indië het sy laaste ses paaltjies vir 47 lopies verloor. Boult en Southee het die middelorde aan flarde geruk en toe die eindkolwers uitoorlê.

Southee se ontleding was 5/61 – die tiende keer wat hy met vyf paaltjies kon spog.

Tom Latham (7*) en Tom Blundell (2*) het tien balle nodig gehad om die nege lopies vir ’n oorwinning aan te teken nadat die besoekers in hul tweede beurt vir 191 uitgeknikker is.

Tim Southee het Saterdag van Ajinkya Rahane (46) ontslae geraak. Foto: AP

Southee is vir sy ontleding van 9/110 as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Jamieson het ontluik as ’n snelbouler wat ook kan kolf. Hy het 44 lopies in Nieu-Seeland se eerste beurt aangeteken.

Sy vertoning sal die keurders kopsorge besorg met Neil Wagner wat fiks behoort te wees vir die tweede toets wat Saterdag in Christchurch begin.

Kane Williamson was ’n baie tevrede Kiwi-kaptein.

“Ons het goeie en slegte dae. In dié toets was almal se vertonings goed.”

Kohli het erken sy span was nie goed genoeg nie, maar het gesê dit is net een nederlaag. – Reuters

Meer oor:  Kyle Jamieson  |  Tim Southee  |  Nieu-Seeland  |  Indie  |  Wellington  |  Swartpette  |  Krieket  |  Toets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.