Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
T10-krieket ook op KSA se kalender
Die Protea-kolwer David Miller in 2017 in ’n T10-wedstryd in Sjarjah in aksie. Foto: Gallo Images

Nog ’n nuwigheid vir Suid-Afrikaanse krieket – ’n plaaslike T10-toernooi – kan moontlik weens ’n verkorte seisoen vir eers in die slag bly.

Dit sal moontlik eers in die 2021-’22-seisoen kan plaasvind.

Krieket Suid-Afrika beplan voorlopig dat die komende seisoen weens die Covid-19-pandemie eers op 1 November begin.

Volgens die voorgestelde kompetisies en bepalings vir die 2020-’21-seisoen, is ’n T10-toernooi aan die einde van die seisoen tussen 15 provinsiale spanne beplan.

Wanneer dié toernooi wel plaasvind, sal dit nie die eerste keer wees dat T10-krieket gespeel word nie.

Daar word die afgelope drie seisoene reeds só ’n liga, waarin daar oor net 10 boulbeurte aan ’n kant gespeel word, in die VAE gehou. Heelparty Suid-Afrikaners was betrokke.

Daar word die afgelope drie seisoene reeds só ’n liga, waarin daar oor net 10 boulbeurte aan ’n kant gespeel word, in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gehou. Heelparty Suid-Afrikaners was betrokke.

In Krieket Suid-Afrika se weergawe sal die 15 deelnemende spanne in drie groepe opgedeel word, met wedstryde wat voorlopig in Maart 2021 in Potchefstroom, Kimberley en Oudtshoorn sal plaasvind.

Die groepfase sal oor drie naweke beslis word, met die uitspeelstryde in die vierde naweek.

Dié uitspeelnaweek kan saamval met ’n fees van wedstryde, wat die skole se jaarlikse T20-kampioenskap en die vroue se Superliga insluit.

Die provinsies mag volgens die voorstel elk vier franchise-spelers kies en hulle moet ook twee o.21’s in hulle spanne hê.

Die moontlikheid van die beplande T10-toernooi sal op ’n vergadering vandeesmaand weer onder bespreking wees.

Dit sal ook onderhewig wees aan ’n borgskap, wat dit moontlik sal maak.

KSA het vroeër vandeesweek aangekondig dat die Solidarity Cup, waarin die splinternuwe formaat van driespan-krieket vir die eerste keer ten toon gestel sal word, op 18 Julie in Centurion sal plaasvind.

Meer oor:  David Miller  |  Vae  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Ksa  |  Formaat  |  Provinsies  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.