Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
T20-Wêreldbeker in SA uitgestel
Manu Sawhney, uitvoerende hoof van die Internasionale Krieketraad. Foto: Getty Images

Die finaliste vir volgende jaar se eerste eindstryd van die nuwe Wêreld-toetskampioenskap sal nou bepaal word met ’n ranglys gegrond op hul wenpersentasie in alle voltooide wedstryde.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het dié besluit Dinsdag op ’n raadsvergadering geneem om sodoende die uitdagings van gekanselleerde wedstryde weens die Covid-19-pandemie die hoof te bied.

Die verandering aan die reëls bring mee dat Australië (82,22%) nou bo Indië (75%) op die ranglys is, al het die Indiërs meer punte as die Aussies ingesamel. Voor die aanpassing is die ranglys uitgewerk volgens punte wat spanne vir oorwinnings gekry het.

Dit moes egter aangepas word omdat talle van die wedstryde weens Covid-19 nie kon plaasvind nie.

Engeland (60,83%) is derde, gevolg die Nieu-Seeland (50%).

Manu Sawhney, uitvoerende hoof van die IKR, sê om spanne te beloon gegrond op punte uit voltooide wedstryde, weerspieël hul vertonings en “benadeel nie spanne wat nie in al hul wedstryde kon speel nie”.

Die IKR se raad het besluit om nie die siklus van die Toetskampioenskap te verleng om voorsiening te maak vir al die verlore wedstryde nie.

Ons het baie opsies ondersoek, maar ons lede voel sterk dat ons moet voortgaan met die eerste Toetskampioenskap-eindstryd nóg in Junie volgende jaar,
Manu Sawhney

“Ons het baie opsies ondersoek, maar ons lede voel sterk dat ons moet voortgaan met die eerste Toetskampioenskap-eindstryd nóg in Junie volgende jaar,” sê Sawhney.

Ses toetsreekse moes uitgestel of gekanselleer word weens die pandemie. Dit sluit in die Proteas se beplande toetsreeks teen die Wes-Indiese Eilande in die Karibiese Eilande.

Die nege top-toetsspanne sou oorspronklik elkeen ses reekse oor twee jaar in die Toetskampioenskap speel, met die voorste twee spanne wat vir die eindstryd in Londen sou kwalifiseer.

• Die IKR het ook besluit om die T20-Wêreldbeker-toernooi vir vroue, wat in 2022 in Suid-Afrika gespeel sou word, tot 2023 uit te stel.

Die beheerliggaam se besluit is daarop geskoei dat daar reeds twee ander groot vrouetoernooie in 2022 plaasvind.

Die Wêreldbeker-toernooi oor 50 boulbeurte in Nieu-Seeland is reeds weens Covid-19 tot 2022 uitgestel. Vrouekrieket sal ook by die Statebondspele in Birmingham in 2022 gespeel word. – Reuters

Meer oor:  Manu Sawhney  |  Indie  |  Australie  |  Suid-0Afrika  |  Krieket  |  Uitgestel  |  Toetsranglys  |  Ikr  |  Wêreld-Toetskampioenskap. T20-Wb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.