Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Tahir terug in Karibiese T20-liga
Imran Tahir / Foto: Getty Images

Die Proteas se bybreekbouler Imran Tahir gaan as ’n plaasvervanger weer in die Karibiese Premierliga (CPL) in aksie wees.

Die Guyana Amazon Warriors het aangekondig dat Shadab Khan, Pakistan se bybreekbouler, net vir die eerste drie wedstryde van dié T20-liga beskikbaar is.

Die 40-jarige Tahir sal hom vervang.

Tahir het verlede jaar ook vir die Warriors gespeel. Hy was met 16 paaltjies teen ’n gemiddeld van 17.75 een van die sterre in die span, wat die eindstryd teen die Trinbago Knight Riders gespeel het.

Die sewende weergawe van die CPL het verlede week begin.

Tahir het onlangs ook in Engeland se T20-reeks vir Surrey gespeel.

Tahir het uit internasionale eendagkrieket getree, maar is nog verkiesbaar vir die Proteas se T20-span. Hy is egter oor die hoof gesien vir die komende T20-reeks teen Indië.

– Sportredaksie

Meer oor:  Imran Tahir  |  T20  |  Cpl  |  Karibiese Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.