SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Krieket
Talle eerbewyse wag straks op De Kock

Die Proteas se paaltjiewagter, Quinton de Kock, kan met ’n handvol eerbewyse op Krieket Suid-Afrika (KSA) se prysuitdeling wegstap.

Quinton de Kock / Foto: Gallo Images

Die jaarlikse prysuitdeling word op 13 Mei in die Kyalami-teater gehou.

Die 24-jarige De Kock het ’n honderdtal in elk van die toetsreekse teen Australië en Sri Lanka behaal.

Sy 178 van net 113 balle in die eendagwedstryd teen Australië in September in Centurion was ook ’n hoogtepunt.

Die hotkloukolwer is vir eerbewyse as Suid-Afrikaanse speler van die jaar, toetsspeler van die jaar en eendagspeler van die jaar benoem. Hy kan ook die KFC-eerbewys vir uitnemendheid ontvang.

Sy spanmaats kan voorts vir hom stem in die kategorie van spelers se speler van die jaar. Hy kan ook as die ondersteuners se speler van die jaar ter sprake wees.

KSA se beoordelaars is joernaliste en oudspelers. Hulle is Aslam Khota, Neil Manthorp, Victor Mpitsang, Robin Peterson, Shafiek Abrahams en Andrew Samson.

Van die benoemings is:

Skeidsregter van die jaar: Adrian Holdstock, Shaun George en Bongani Jele.

Afrikabeker- opkomende ster: Pat Kruger (Noord-Kaap) en Solo Nqweni (OP).

Plaaslike nuweling van die seisoen: Aiden Markram (Titans), Wiaan Mulder (Lions) en Jason Smith (Cape Cobras).

Plaaslike eendagspeler van die seisoen: Junior Dala (Titans), Henry Davids (Titans), Jon-Jon Smuts (Warriors) en Shaun von Berg (Titans).

Plaaslike T20-speler van die seisoen: Farhaan Behardien (Titans), Andrew Birch (Warriors) en Jon-Jon Smuts (Warriors).

Meerdagspeler van die seisoen: Theunis de Bruyn (Knights), Duanne Olivier (Knights) en Shaun von Berg (Titans).

T20- Suid-Afrikaanse speler van die jaar: Lungi Ngidi en Imran Tahir.

Suid-Afrikaanse eendagspeler van die jaar: Quinton de Kock, Faf du Plessis en Imran Tahir.

Suid-Afrikaanse toetsspeler van die jaar: Quinton de Kock, Faf du Plessis, Dean Elgar, Kagiso Rabada en Vernon Philander.

KFC-eerbewys vir uitnemendheid: Temba Bavuma (uithardloop van David Warner), Quinton de Kock (vangskoot Neil Broom), Quinton de Kock (vangskoot Nathan Lyon) en Faf du Plessis (vangskoot Lahiru Madushanka).

RAM-aflewering van die jaar: Vernon Philander (Adam Voges), Kagiso Rabada (Usman Khawaja) en Imran Tahir (Dinesh Chandimal).

Suid-Afrikaanse vrouespeler van die jaar: Ayabonga Khaka, Sune Luus en Dane van Niekerk.

Suid-Afrikaanse speler van die jaar: Quinton de Kock, Faf du Plessis, Kagiso Rabada en Imran Tahir.

Meer oor:  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.