Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Te vroeg om WB-gunsteling te kies’

Sri Lanka het reeds die eendagreeks teen Suid-Afrika verloor, maar die span het nie skielik ’n tekort aan selfvertroue vir die Wêreldbekertoernooi nie.

So sê Isuru Udana, wat sewe jaar geneem het voordat hy sy eerste paaltjie in ’n internasionale eendagwedstryd kon neem.

Isuru Udana glo Sri Lanka kan Woensdag met die Proteas in die Baai afreken. Foto: Gallo Images

Die veelsydige Udana het sy debuut in Junie 2012 vir Sri Lanka teen Indië in Hambantota gemaak.

Hy het toe sy plek verloor en het eers weer in die huidige reeks teen Suid-Afrika speelkans gekry.

En dit was in die vorige kragmeting in Durban wat hy eindelik sy paaltjie gekry het.

“Ek sou nie sê ons selfvertroue het ’n knou weg omdat ons die vorige paar wedstryde teen Suid-Afrika verloor het nie,” sê hy.

“Ons het die afgelope paar maande teen ander sterk spanne soos Australië en Nieu-Seeland ook gespeel.

“Ons het party dinge verkeerd gedoen in sekere situasies. Maar met ons selfvertroue gaan dit nog heel goed.”

Udana dink nie enige land kan in hierdie stadium as die vroeë gunsteling beskou word om die Wêreldbeker te wen nie.

“Dis nog lank voordat die Wêreldbekertoernooi begin en enigiets kan in elk geval by die Wêreldbeker gebeur,” sê hy.

“Ons fokus in elk geval nog nie op die toernooi nie. Daar is nog twee wedstryde in die huidige eendagreeks wat ons wil probeer wen.

“As ons dit regkry, sal dit vir ons goeie momentum vir die T20-reeks gee.”

Meer oor:  Sri Lanka  |  Eendagreeks  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.