Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Tiener-blits wil leer by Kirsten, Abbott

Die tiener-snelbouler Marco Jansen borrel van opgewondenheid oor die Mzansi-superliga, waar hy onder Gary Kirsten en die wakende oog van ’n bouler soos Kyle Abbott verder gaan kans kry om te ontwikkel.

Malusi Siboto (links), Marco Jansen (middel) en Wihan Lubbe tydens ’n fotosessie by die Durban Heat vandeesweek.Foto: Gallo Images

Dié 19-jarige hotklou, ’n boontjierank van langer as twee meter, is in die wolke oor sy insluiting in die groep van die Durban Heat.

Dis die soveelste hoogtepunt van sy baie bedrywige jaar.

“Ek is baie opgewonde om hier by die Durban Heat te wees. Dis ’n baie groot voorreg en ek is baie opgewonde om baie te leer by iemand soos Gary,” het die jongeling aan die vooraand van die span eerste wedstryd teen die Tshwane Spartans Saterdag in Durban gesê.

Hy en Kirsten het reeds baie van mekaar in vandeesweek se onderlinge oefenwedstryde te wete gekom, sê Jansen.

Die program vir vanjaar se Mzansi-Superliga. Foto:
Die program vir vanjaar se Mzansi-Superliga. Foto: Grafika24

“Ek het ook baie geleer van my eie boulwerk van Kyle Abbott af. Ek het klaar aan idees begin dink, hoe om te boul in watter situasies en so. Hopelik kan ek baie by die ouens hierso leer en sodoende verder groei in my spel.”

Jansen het met rasse skrede opgang gemaak sedert hy verlede jaar ná die Khaya Majola-krieketweek vir die SA Colts gekies is.

Die Knights het hom intussen opgeraap en hy het aan die einde van verlede seisoen reeds sy T20-buiging vir hulle as 18-jarige gemaak.

Hy het vir die Suid-Afrikaanse o.19-span gespeel en is ook by die Opkomende Suid-Afrikaanse span betrek.

En toe kom die kans om vir Suid-Afrika A te speel. Hy het in Augustus en September saam met die naasbestes in Indië gaan toer.

Die jongeling het met die begin van die Suid-Afrikaanse seisoen sy meerdagbuiging vir die Knights gemaak.

Die gewese Protea-blits Allan Donald, wat die franchise vir ’n maand as boulkonsultant bygestaan het, was baie beïndruk en het ook groot dinge vir hom voorspel.

’n Sybesering, die uitvloeisel van ’n bedrywige winter, het Jansen ná die wedstryd teen die Warriors in Kimberley tot nou toe op die kantlyn gehad. Dis egter nou iets van die verlede en hy is oorgehaal om te wys waarom hy as die land se groot linkerhandse hoop beskou word.

Meer oor:  Mzansi-Superliga  |  Krieket  |  Gary Kirsten  |  Marco Jansen  |  Durban Heat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.