Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Titans, Dolphins gee pas aan voor ruskans

Rudi Second se skitterbeurt van 171 lopies en die Warriors se hardnekkige tweedebeurt-totaal van 436 was nie genoeg om hulle Donderdag in die Baai in hul meerdagwedstryd teen die Lions van ’n nederlaag te red nie.

Die Lions het met 76 lopies gewen en dinge is nou na hul tweede agtereenvolgende sege vuurwarm in die groep waarin hulle is. Die Dolphins (66.42), Lions (64.56) en Knights (62.90) trek met twee seges elk gelyk in die wedloop ná vier wedstryde. Die voorste twee spanne ná sewe wedstryde sal tot die eindstryd deurdring.

Die Warriors moes ’n yslike 513 lopies aanteken om te wen.

Rudi Second in aksie in ’n vorige wedstryd vir die Warriors. Foto: Gallo Images

Hulle het met Second aan die voorpunt moedig gekolf nadat hulle die laaste dag op 219/5 voortgesit het.

Met Second se vertrek op 401 het Tshepo Ntuli (40*) en Basheeru Walters (17) die besoekers vir nog ’n rukkie laat sweet en 35 lopies om die laaste paaltjie aangeteken.

TELKAART

• Die Titans is steeds die voorloper in die ander groep nadat hulle groepstryd teen die Cape Cobras soos verwag onbeslis in Centurion geëindig het.

Die spanne het albei meer as 400 lopies in hulle eerste beurte aangeteken en die Cobras was op 207/5 in hul tweede beurt toe daar blad geskud is.

TELKAART

Die Titans het nou 66.20 punte gevolg deur die segelose Cape Cobras met 40.82 en die Warriors (39.62).

• Die meerdagreeks hervat op 13 Desember.

Die Titans speel dan vir ’n derde agtereenvolgende tuiswedstryd gasheer vir die Dolphins in ’n oorkruiswedstryd.

Die Knights en Lions is in Bloemfontein slaags, terwyl die Warriors en die Cape Cobras mekaar ook in ’n groepwedstryd in Port Elizabeth pak.

Voorste kolwers: 469 lopies - Aiden Markram (Titans); 422 - Sarel Erwee (Dolphins); 402 - Raynard van Tonder (Knights).

Voorste boulers: 17 paaltjies- Migael Pretorius (Knights) en Marco Jansen (Warriors); 16 - Senuran Muthusamy (Dolphins).

Meer oor:  Meerdagreeks  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.