Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Titans sweet na Kyle se 2de 100-tal

Die week se twee oorblywende meerdagwedstryde het albei onbeslis geëindig ná hardnekkige kolfwerk op die laaste dag.

Op Willowmoorepark in Benoni het slegs vier paaltjies tussen die Cape Cobras en ’n sege oor die Titans gestaan.

Die Cape Cobras se Kyle Verreynne het 155 en 115 in die wedstryd teen die Titans in Benoni aangeteken. Foto: Gallo Images

Nadat die Kapenaars 348 in hul tweede beurt aangeteken het, is die Titans die taak gestel om 215 in 47 beurte te kry vir ’n sege.

Die jaagtog na die teiken kon nooit aan die gang kom nie, met die Titans (89/6) wat gereeld paaltjies verloor het.

Die Cobras-paaltjiewagter, Kyle Verreyne, het sy 155 van die eerste beurt vroeër opgevolg met ’n ewe indrukwekkende beurt van 115 lopies.

Hy was die groot kolfdoring in die Titans-vlees en het die beurt op die laaste oggend aanmekaar gehou.

Tsepo Moreki (4/98) en die draaier Neil Brand (3/56) was die tuisspan se steunpilare met die bal.

Dit het beloof om ’n opwindende laaste middag te wees, met die kragmeting wat enige kant toe kon gaan, maar die Titans se top-orde is afgemaai en op 45/4 was dit vir hulle net ’n oorlewingstryd.

Farhaan Behardien, wat 140 in die eerste beurt gekry het, het goed wal gegooi en ’n onoorwonne 29 aangeteken.

Dane Paterson het die sewe paaltjies wat hy in die eerste beurt geneem het, aangevul met 2/24.

*In Bloemfontein het die Dolphins se Cody Chetty tussen die Knights en ’n agtereenvolgende sege gestaan.

Die wedstryd het onbeslis geëindig met hom onoorwonne op 90 en die Dolphins op 219/6 in hul tweede beurt.

Die besoekers het op die laaste dag op 13/1 voortgekolf en moes nog 136 kry om die Knights weer te laat kolf.

Die Knights het vroeg hoop op ’n sege gehad toe die Dolphins op 17/3 en toe op 51/4 in die oggendskof aan die struikel was.

Chetty het in sy kolfbeurt van vyf uur in die besoekers se oorlewingstryd goeie bystand gehad, eers van sy kaptein, Khaya Zondo, en toe van Sibonelo Makhanya. Albei het 39 aangeteken.

Corné Dry (2/44) en Pat Kruger (2/23) het elk twee paaltjies vir die tuisspan laat kantel.

Puntestand (ná twee wedstryde): 1. Titans 38.96; 2. Knights 38.18; 3. Warriors 28.04; 4. Lions 27.34; 5. Dolphins 18.88. 6. Cape Cobras 16.40.

Meer oor:  Titans  |  Meerdagreeks  |  Cobras  |  Meerdagkrieket  |  Knights  |  Dolphins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.