Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Toer goeie nuus vir ‘oupa’ Mickey Arthur

Mickey Arthur, afrigter van Sri Lanka, gaan in Desember met die eilandnasie se kriekettoer na Suid-Afrika uiteindelik sy kleindogter sien.

Mickey Arthur by ’n oefening van Sri Lanka. Foto: Getty Images

Arthur, ’n Suid-Afrikaner en voormalige afrigter van die Proteas, Australië en Pakistan, was weens die Covid-19-pandemie nog die heel tyd gestrand in Sri Lanka en kon nog nie na Suid-Afrika reis nie.

“Ek was nog nie terug nie. Ek kon weens die reëls ongelukkig nog nie uit Sri Lanka kom nie en het nog nie my kleindogter gesien nie,” sê Arthur.

Die naweek is berig dat Sri Lanka in Desember en Januarie twee toetse teen die Proteas kom speel.

Arthur het in Mei in ’n onderhoud met ESPNcricinfo.com onthul dat hy ’n oupa gaan word. Sy oudste dogter, Brooke de Lacy, het toe nog verwag. Hy het toe die hoop uitgespreek dat die toer na Suid-Afrika nog sal voortgaan sodat hy sy kleinkind te siene kan kry.

Brooke woon in Oos-Londen en sy ander twee dogters in Perth, sê Arthur.

Brooke en haar man, Richard, het intussen die trotse ouers van klein Abigail geword.

Ek kon weens die reëls ongelukkig nog nie uit Sri Lanka kom nie en het nog nie my kleindogter gesien nie.
Mickey Arthur

Arthur (52) is in Desember as Sri Lanka se hoofafrigter aangestel.

Volgens Reuters kan die eerste toets op 26 Desember in Durban of Port Elizabeth en die tradisionele Nuwejaarstoets op Nuweland gespeel word.

Sri Lanka het egter nog nie finaliteit daaroor gekry nie.

“Ons wag nog om te hoor, ek dink dit (die twee toetse) kan ook in Centurion en op die Wanderers wees, maar niemand is nog seker nie,” sê Arthur.

Sri Lanka het in verlede jaar se toetsreeks teen Suid-Afrika in Februarie geskiedenis gemaak toe hy die kragmetings in Durban en Port Elizabeth gewen en daarmee die eerste span van die subkontinent geword het wat ’n toetsreeks teen die Proteas in Suid-Afrika gewen het.

Die Proteas het, met daardie reeks ingesluit, slegs een van hulle laaste nege toetswedstryde gewen.|

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Pakistan  |  Krieket  |  Proteas  |  Mickey Arthur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.