Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Tony Irish op pad terug na Suid-Afrika

Tony Irish, voormalige uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca), is op pad terug na Suid-Afrika nadat hy weens persoonlike redes bedank het as uitvoerende hoof van die Beroepspelersvereniging (PCA) in Engeland.

Tony Irish. Foto: Gallo Images

Na wat verneem word, het dinge nie vir Irish uitgewerk nie en dit blyk sy dogters het gesukkel om hulle in Engeland te vestig.

Irish, ook aan die stuur van die Internasionale Spelersfederasie, was voorheen vir 17 jaar aan die stuur van Saca. Hy het verlede jaar in September bedank en David Leatherdale in Januarie toe as hoof van Engeland se spelersvereniging vervang.

Dit bring mee dat die PCA nou in minder as agt maande na ’n derde uitvoerende hoof op soek is.

“Dit was ’n eer vir my om as uitvoerende hoof van die PCA te kon dien, maar dit was ook ’n baie uitdagende tyd vir my en my dogters in Engeland. Ek het ’n besluit geneem gegrond op wat die beste vir ons as gesin is,” sê Irish.

Daryl Mitchell het die afgelope maande met tye waargeneem in Irish se afwesigheid, terwyl Rob Lynch, voorheen hoof-uitvoerende beampte by Middlesex, intussen as waarnemende uitvoerende hoof in Irish se plek aangestel is. – Sportredaksie, thecricketer.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.