Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Twee Cape Cobra-leenspelers bly aan by Lions

Die Lions se twee leenspelers van die Cape Cobras is vir die komende seisoen deur die franchise behou.

Beuran Hendricks. Foto: Gallo Images

Die kolwer Omphile Ramela (29) en voorslagbouler Beuran Hendricks is twee van die vyf nuwelinge in die Lions se gekontrakteerde groep vir volgende seisoen.

Ramela het in Johannesburg skoolgegaan en in 2007 sy eersterangse buiging vir Gauteng gemaak.

Die Dolphins se naatbouler Craig Alexander is ook terug by die Lions.

Carmi le Roux en Yaseen Valli, wat al vir die Lions gespeel het, is nou gekontrakteer.

Die Lions se gekontrakteerde groep: Dwaine Pretorius, Reeza Hendricks, Omphile Ramela, Craig Alexander, Beuran Hendricks, Dominic Hendricks, Mangaliso Mosehle, Nicky van der Bergh, Bjorn Fortuin, Hardus Viljoen, Wiaan Mulder, Aya Myoli, Yaseen Valli, Carmi le Roux, Wihan Lubbe, Nono Pongolo and Rassie van der Dussen. Lions met KSA-kontrakte: Kagiso Rabada, Aaron Phangiso, Stephen Cook.

– Sportredaksie

Meer oor:  Lions  |  Cape Cobras  |  Beuran Hendricks  |  Omphile Ramela
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.