Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Twiets bring speler 8 jaar later in sop

Die Engelse snelbouler Ollie Robinson het Woensdag om verskoning gevra nadat ’n reeks twiets van ’n rassistiese en seksistiese aard aan die lig gekom het gedurende sy toetsbuiging teen Nieu-Seeland op Lord’s.

Ollie Robinson se omstrede twiets van meer as agt jaar gelede het Woensdag op sy toetsbuiging weer aan die lig gekom. Foto: Getty Images

Robinson (27) was aan die spits van die Engelse boulaanval en het op die eerste dag van die reeks van twee toetse ’n ontleding van 2/50 behaal. Maar sy vertoning is oorskadu toe Twitter-boodskappe wat hy as ’n tiener gedeel het weer opgeduik het.

Die twiets, wat terugdateer na 2012, het Robinson in ’n moeilike posisie geplaas, veral nadat albei spanne voor die wedstryd ’n “Oomblik van Eenheid” gehou het uit protes teen diskriminasie in krieket.

“Ek is op die grootste dag van my loopbaan verleë oor die rassistiese en seksistiese twiets wat ek meer as agt jaar gelede gedeel het en vandag openbaar gemaak is,” het Robinson ná afloop van die dag se spel gesê.

“Ek wil dit duidelik stel dat ek nie ’n rassis of ’n seksis is nie.

“Ek het diep berou oor my optrede en ek kry skaam dat ek sulke uitlatings gemaak het.”

Tom Harrison, die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) se uitvoerende hoof, het bevestig Robinson sal nou aan ’n tugproses onderwerp word.

“Enige persoon wat daardie woorde lees, veral ’n vrou of persoon van kleur, sal die indruk van krieket en krieketspelers kry wat totaal onaanvaarbaar is,” sê Harrison.

“Ons duld geen vorm van diskriminasie nie en daar is reëls om hierdie tipe gedrag aan te spreek.”

• Ollie Robinson, bogenoemde se naamgenoot, wat ook krieket speel en ook op dieselfde dag verjaar, het op Twitter ’n pleidooi gelewer dat mense hom nie met die toetsspeler moet verwar nie.

“Ons deel dieselfde naam, verjaarsdag en beoefen dieselfde sport. Ek is egter nie die een na wie die media verwys wat betref die destydse plasings op sosiale media nie,” sê hy.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Toetskrieket  |  Seksisme  |  Rassisme  |  Ecb  |  Ollie Robinson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.