Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Twitter-sondaar’ terug in toetsgroep

Engeland het die snelbouler Ollie Robinson in sy groep ingesluit vir die eerste twee toetse in Augustus teen Indië.

Ollie Robinson kan eersdaags weer in die Engelse toetsspan ingesluit word. Foto: Getty Images

Robinson (27) het uitstekend vertoon in sy buiging teen Nieu-Seeland op Lord’s in Junie, maar is geskors nadat ’n reeks twiets van ’n rassistiese en seksistiese aard wat hy as ’n tiener gedeel het, aan die lig gekom het.

Die twiets, wat terugdateer na 2012, het vir groot omstredenheid gesorg, veral nadat albei spanne voor die wedstryd ’n “Oomblik van Eenheid” gehou het uit protes teen diskriminasie in krieket.

“Ek is op die grootste dag van my loopbaan verleë oor die rassistiese en seksistiese twiets wat ek meer as agt jaar gelede gedeel het en wat vandag openbaar gemaak is,” het Robinson destyds gesê.

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) het Robinson daarna uit alle internasionale krieket geskors terwyl hy die saak ondersoek het.

Die ECB het aan die begin van die maand beslis Robinson mag sy krieketloopbaan hervat.

Daar was groot verdeeldheid oor die kwessie en Boris Johnson, premier van Brittanje, en Oliver Dowden, die minister van kultuur, het in openbaar gesê die ECB het “oorreageer” deur Robinson te skors.

Die eerste kragmeting in die reeks van vyf toetse teen Indië begin op 4 Augustus by Trent Bridge. – Sportredaksie, BBCSport 

Meer oor:  Toetskrieket  |  Seksisme  |  Rassisme  |  Ecb  |  Ollie Robinson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.