Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Uitgedunde boulaanval bekommer Faf
Faf du Plessis, die SA kaptein, hoop Hashim Amla kan Vrydag lopies vir die Cape Cobras aanteken. Foto: Gallo Images

Die kolfpeil van ’n paar Protea-kolwers wat sukkel is nie Faf du Plessis se grootste bekommernis voor die komende toetsreeks teen Pakistan nie.

Die Suid-Afrikaanse krieketkaptein kou meer naels oor sy uitgedunde boulaanval, spesifiek sy snelboulers.

Die Proteas is reeds sonder Lungi Ngidi, terwyl Vernon Philander weens ’n gekraakte vinger ook die begin van die reeks gaan misloop.

Volgens Du Plessis behoort die kolwers Theunis de Bruyn (rug) en Temba Bavuma (dyspier) wat nie vandeesweek in die plaaslike meerdagreeks kon speel nie, oorgehaal te wees vir die eerste toets wat Woensdag in Centurion begin.

Hy sê die feit dat hulle nie vandeesweek kon speel nie, is nie ideaal nie, maar dis die situasie waarmee hulle sit en hulle moet dit aanvaar.

Dis egter die snelboulers wat nou net uit Dale Steyn, Kagiso Rabada en Duanne Olivier bestaan wat die kaptein op hete kole het.

Ek is meer bekommerd oor ons boulwerk omdat Lungi uit is en ook Vern nou uit is. Ons is een besering weg van om ’n bietjie in die moeilikheid te wees.
Faf du Plessis

“Ek is meer bekommerd oor ons boulwerk omdat Lungi uit is en ook Vern nou uit is.

Kagiso Rabada speel nie vandeesweek vir die Lions nie, maar het in die Mzansi-superliga ’n groot werklas vir die Jozi Stars gehad. Foto: Gallo Images

“Ons is een besering weg van om ’n bietjie in die moeilikheid te wees,” sê Du Plessis.

Wat van die kolwers se gesukkel tans betref, Du Plessis dat hulle in ’n ideale wêreld ’n langer ruskans sou wou gehad het. Hy wys daarop hulle het met die Mzansi-superliga reeds aan die gang eers uit Australië teruggekeer. Die eindstryd van die T20-reeks is eers die afgelope Sondag beslis.

Van die nasionale boulers is vandeesweek met die hervatting van die meerdagreeks ruskans gegee, terwyl ’n handvol van die nasionale kolwers na rooibalkrieket teruggekeer het vir hul franchises.

“Dis nie ideaal nie. Ek dink ’n ruskans sou geestelik goed gewees het.

“Ons het egter gedink veral vir die kolwers is dit baie belangrik dat hulle tyd tussen die paaltjies deurbring, omdat ons die laaste tyd hier en voor dit in Australië nie rooibalkrieket gespeel het.

“Ons het baie min daarvan gespeel en tyd in die middel is die beste oplossing.”

Aiden Markram (17 en 6) en Hashim Amla (0 en 8*) het vandeesweek gesukkel vir hul franchises.

Markram was na verneem ongelukkig in sy eerste beurt vir die Titans teen die Knights toe hy binnerandjie bygekry het en been voor paaltjies uitgegee is.

Hoewel Dean Elgar (37 en 25) nie werklik aan die gang was nie, is Du Plessis in sy noppies oor die tyd wat dié aanvangskolwer gekolf het.

Faf du Plessis, die SA kaptein, hoop Hashim Amla kan Vrydag lopies vir die Cape Cobras aanteken. Foto: Gallo Images

Hy hoop intussen Amla kom Vrydag op dreef in die Baai, waar hy vir die Cape Cobras teen die Warriors speel.

“Dit sal goed wees as Hash bietjie lopies kan kry – net vir sy eie selfvetroue. Kolfwerk gaan 60% oor selfvertroue so dit sal hom baie goed doen as hy nou lopies kan kry.”

Du Plessis wys daarop dat hulle Sondag saamtrek en basies net Maandag sal oefen.

Mohammed Moosajee, die spanbestuurder, sê hulle is hoopvol dat minstens twee van die drie beseerdes vir die eerste toets oorweeg kan word.

“Ons sal wanneer die groep oor die naweek saamtrek weer kyk hoe sake met hulle staan. Die keurders het ’n kortlys in gedagte as versterkings wel nodig gaan wees,” sê hy.

Meer oor:  Hashim Amla  |  Faf Du Plesiss  |  Aiden Markram  |  Suid-Afrika  |  Pakistan  |  Toetskrieket  |  Kolwers  |  Kommer  |  Proteas  |  Kaptein  |  Toetsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.