Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Uurglas vir Amla loop vinnig uit

Hashim Amla het Woensdagaand een van min oorblywende geleenthede om Ottis Gibson en die nasionale krieketkeurders daarvan te oortuig dat hy reg sal wees vir die Wêreldbeker-toernooi in Engeland en Wallis.

Hashim Amla word Sondag, met sy telling op 16, geboul in die Cape Cobras se T20-Uitdaagstryd teen die Lions. Foto: Gallo Images

Hy sal in slegs sy tweede wedstryd sedert 1 Maart die beurt vir die Cape Cobras anker in hul T20-Uitdaagstryd teen die Titans op Willowmoorepark in Benoni.

Die eerste keer wat hy weer die kolf vasgehou het sedert hy sy siek pa in Durban bygestaan het, was die afgelope Sondag op die Wanderers teen die Lions, waar hy 16 lopies aangeteken het.

Dane Paterson het Sondag uitstekend onder druk vertoon in die Cobras se sege oor die Lions op die Wanderers. Foto: Gallo Images

Hierdie kortstondige beurt van hom het ’n pragses oor middebaan ingesluit, waar hy sy sterk gewrigte gebruik het om die bal oor die grenstou te lig. Hy het ook ’n korterige aflewering buite die wegpen op kenmerkende wyse grens toe gekap.

Amla sal egter in sy laaste vier wedstryde voor die WB-groep op 18 April aangekondig word, moet wys hy sal in Engeland van groot waarde wees. Die uurglas is besig om leeg te loop en daar is diegene wat voel hy kan nie bloot net op reputasie gekies word nie.

Nog ’n speler van die Cobras wat met ’n vyfster-vertoning vir Gibson-hulle hoofbrekens kan gee om vir hom plek te maak, is die snelbouler Dane Paterson.

Hy was Sondag uitstaande op die Wanderers. Die enigste aflewering wat hy trotseer het, boonop ook die laaste van die Cobras-kolfbeurt, het hy vir ’n ses geslaan en dit was daardie hou wat die verskil tussen wen en verloor beteken het.

In die laaste boulbeurt van die Lions se soektog na die teiken, het Paterson ook met die bal geskitter. Die Lions moes agt lopies kry vir ’n sege, maar ’n geïnspireerde Paterson het net twee afgestaan en boonop drie paaltjies laat kantel, waarvan een ’n uithardloop was waar hy met ’n direkte trefhou vir Wiaan Mulder net-net buite sy kolfkampie betrap het.

Dit is vertonings met veggees soos hierdie deur Paterson wat nodig gaan wees in die Wêreldbeker en indien hy op hierdie trant voortbou, gaan hy homself sterk opdring aan die keurders.

Danksy hom het die Cobras hul aanslag op die T20-titel op koers gehou met ’n onwaarskynlike sege, terwyl die Titans ’n onwaarskynlike nederlaag teen die Warriors gely het toe weerlig en reën toegesien het dat die Duckworth-Lewis-formule die wenner bepaal.

Juis daarom sal die span in ligblou hierdie tuisstryd wil wen om terug te kom in die wedloop.

Meer oor:  Hashim Amla  |  Wêreldbekerkrieket  |  Cobras  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.