Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Van Zyl straks die beste van die res

Met Graeme Smith wat homself vandeesweek van die wedloop om die pos as Krieket Suid-Afrika (KSA) se direkteur van krieket onttrek het, bly daar drie kandidate oor.

KSA het glo onderhoude gevoer met Smith, Hussein Manack, Dave Nosworthy en Corrie van Zyl om hierdie pos voltyds te beklee.

Corrie van Zyl
Dave Nosworthy
Hussein Manack

Sedert KSA ná die Wêreldbekertoernooi sy nuwe bestuurstruktuur – bestaande uit ’n Protea-spandirekteur wat aan die direkteur van krieket rapporteer, wat op sy beurt aan die uitvoerende hoof, Thabang Moroe, verslag doen – aangekondig het, het Van Zyl die pos deeltyds beklee. Van Zyl is egter aan die einde van Oktober saam met twee ander senior KSA-amptenare, Naasei Appiah en Clive Eksteen, geskors hangende ’n ondersoek na beweerde pligsversuim rakende ’n beeldregtekwessie van 2018 se Mzansi-superliga.

Die spelersvereniging Saca het daarna gesê Van Zyl het niks met dié kwessie te doen gehad nie. Moroe het ook gesê dit sal nie teen Van Zyl gehou word wanneer kandidate oorweeg word nie. Ingeligtes glo Van Zyl (58), wat in 1992 twee eendagwedstryde vir die Proteas gespeel het, is straks die beste

kandidaat vir die pos noudat Smith hom onttrek het. Hy het ondervinding in bestuur op die hoogste vlak en het die Proteas al in ’n waarnemende hoedanigheid afgerig.

Manack (51) is ook ’n oud- eersterangse speler en ’n voormalige nasionale keurder. Hy doen ook as televisie- en radio-kommentator diens. Hy het ook op Gauteng se raad gedien.

Ook Nosworthy (51) het eersterangse krieket gespeel. Hy het voorheen die Titans, die SA o.19-span en SA A-span afgerig. Hy was ook by die nasionale akademie betrokke. – 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.