Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Veelsydige Jordan kon Engelse nie red
Chris Jordan moker die bal Sondag in Engeland se kolfbeurt. Hy het ook in sy boulskof uitgeblink, maar kon nie sy span tot ’n oorwinninjg oor Nieu-Seeland aanspoor nie. Foto: Gallo Images

’n Puik veelsydige vertoning deur Chris Jordan kon nie Nieu-Seeland weerhou van ’n oorwinning in Sondag se T20-krieketwedstryd teen Engeland nie.

Die Swartpette het met 21 lopies gewen en die reeks van vyf wedstryde sodoende met 1-1 gelyk laat trek.

Jordan het 3/23 geneem om die gasheer in die Wellington Reagional-stadion tot ’n beskeie 176/8 te beperk, nadat die kaptein, Eoin Morgan, die loot gewen en besluit het om veldwerk te doen.

Hierna het Jordan boonop 36 van 19 aflewerings gemoker, maar ook dit was nie genoeg om Engeland se bas te red nie.

Die toporde het erg gesukkel met die kolf en die span is uiteindelik vir 155 uitgeknikker, met een aflewering oor.

Vir die tuisspan het Martin Guptill (41), Colin de Grandhomme (28) en Jimmy Neesham (42 van 22 aflewerings) met die kolf uitgeblink.

Tim Southee het hierna dadelik toegeslaan deur Jonny Bairstow met die eerste aflewering van Engeland se beurt uit te haal.

Dawid Malan (39) en Morgan (32) het probeer vasskop, maar Engeland was nie opgewasse vir die taak nie.

Die derde wedstryd in die reeks word Dinsdag in Nelson beslis. - Reuters

Meer oor:  Chris Jordan  |  Martin Guptill  |  De Grandhomme  |  Colin  |  Nieu-Seeland  |  Engeland  |  Krieket  |  T20-Reeks  |  Swartpette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.