Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Vergete Reeza Hendricks steek kleim af

Reeza Hendricks het Donderdag met ’n honderdtal vir Suid-Afrika se naasbeste krieketspan teen Indië A gewys hy kan Hashim Amla se plek in die Proteas se eendagspan in die komende somer volstaan.

Sy 110 lopies van net 108 balle in Thiruvananthapuram was egter nie genoeg om Indië se naasbestes in die spanne se eerste van vyf eendagwedstryde te klop nie.

Die tuisspan het met 69 lopies gewen.

Suid-Afrika A is vir 258 lopies uitgeboul in die 45ste van sy 47 boulbeurte in antwoord op Indië A se stewige 327/6.

Die bybreekbouler Yuzvendra Chahal, wat al 50 internasionale eendagwedstryde vir Indië gespeel het, het met boulsyfers van 5/47 uitgeblink.

Amla se afwesigheid die komende seisoen by die Proteas – ná sy onlangse uittrede – was hoeka een van die besprekingspunte voor die A-span se eerste eendagwedstryd in Indië.

Die 30-jarige Hendricks was vroeër vanjaar ongelukkig om nie die Proteas se Wêreldbeker-groep te haal nie. Sy honderdtal Donderdag sal hom egter in die binnebaan plaas om nou ook die beurt vir Suid-Afrika in eendagwedstryde te begin.

Hendricks sal ná die naasbestes se toer in Indië aanbly vir die Proteas se T20-reeks daar teen Indië.

Suid-Afrika A het Donderdag ná die aanvangskolwer se vertrek (dié telling was toe 208/4 in die 39ste boulbeurt) in duie gestort.

Heinrich Klaasen het midde in dié ineenstorting uiteindelik met 58 lopies van 43 balle geëindig.

Indië A was vroeër op 206/6 in die 36ste beurt van sy kolfbeurt ietwat in die knyp, nadat hy deur Temba Bavuma ingestuur is om te kolf.

Shivam Dube (79*, 60 b) en Axar Patel (60*, 36 b) het toe op nommer sewe en agt met 121 lopies in net 11.1 beurte losgetrek. Patel is volgens espncricinfo.com as Speler van die Wedstryd aangewys.

Die draaier Bjorn Fortuin (2/40) het die beste met die bal vir die Suid-Afrikaners gevaar.

Die tweede eendagwedstryd word Saterdag op dieselfde veld gespeel.

Meer oor:  Reeza Hendricks  |  Sa A  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.