Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Verstaan as spelers nie wil toer – Morgan

Engeland se spelers kan hulle aan toere onttrek indien hulle voel dat dit nie goed vir hul geestelike gesondheid sal wees om gedurende die Covid-19-pandemie in sogenaamde bioborrels te speel nie, sê Eoin Morgan, kaptein van dié land se kitskrieketspan.

Die Engelse eendagkaptein, Eoin Morgan, Foto: Getty Images

Engeland was in Julie, toe krieketwedstryde weer hervat is, die gasheer vir ’n reeks waarin die Wes-Indiese Eilande, Pakistan en Australië ook in gespeel het.

Wedstryde is in Manchester en Southampton, waar die Engelse Krieketraad bioborrels geskep het, gespeel.

Die Indiese Premierliga het ’n borrel vir spelers in die Verenigde Arabiese Emirate geskep en daar sal ook sulke planne wees vir Engeland se toer in November in Suid-Afrika.

“Ons het dit in spanverband bespreek en ons aanvaar dat spelers die borrel kan verlaat indien hulle voel dat dit hul geestelike gesondheid begin aantas,” het Morgan op ’n aanlyn welsynsgeleentheid gesê.

“Ek dink ons sal sien dat spelers hulle aan toere onttrek. Dit gaan eenvoudig die werklikheid van sake wees.”

Morgan het gesê dis belangrik om ’n omgewing te skep waarin spelers gemaklik sal voel om so ’n besluit te neem.

“Ek dink nie mense moet daarop neerkyk nie en hulle moenie voel dat die spelers nie hulle werk doen nie of dat hulle nie tot hul land toegewyd is nie,” het die 34-jarige Morgan bygevoeg.

“Ons wil aan die voorpunt wees dat dit vir mense aanvaarbaar moet wees om te kan sê ‘Dis vir my nodig om tyd saam met my gesin deur te bring en ek gaan nie toer nie’. Dis buitengewone omstandighede waarin ons ons bevind.” - Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Eoin Morgan  |  Bioborrel  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.