Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Vier blink uit vir Warriors in die Baai
Gionne Koopman van die Warriors was goed op pad na sy vyftigtal toe hy sy paaltjie in die meerdaagse wedstryd by St. Georgepark in Port Elizabeth met sy telling op 41 verloor het.Foto: GALLO IMAGES

Vier spelers het Donderdag die kolllig gesteel op die eerste dag van die meerdaagse krieketwedstryd tussen die Warriors en die Knights op St. Georgepark in Port Elizabeth.

Die kolwers Colin Ackermann en Lesiba Ngoepe het vir die tuisspan uitgeblink en die boulers Marchant de Lange en Shadley van Schalkwyk was die besoekers se uitstaande spelers.

Die Warriors het die dag afgesluit met ’n totaal van 292/7 in hul eerste beurt.

Ackermann en Ngoepe het albei 71 lopies aangeteken op ’n baie winderige dag waarin kolf- én boulwerk nie baie maklik was nie.

Die aanvangskolwer Gionne Koopman (41) het in sy debuut goed gefokus en was ongelukkig om nie sy vyftigtal te kry nie.

De Lange (3/65) het vroeg in die dag toegeslaan om die eerste drie kolwers van die Warriors se paaltjies te kry.

Teen die einde van die dag was dit Van Schalkwyk (4/59) wat die tuisspan se kolwers laat bontstaan het.

  • In Potchefstroom het die Titans se snelbouler Malusi Siboto (7/48 in 20.3 beurte) die Lions-kolwers verrinneweer.

Die Lions is in hul eerste beurt vir net 206 uitgehaal in 67,3 beurte.

Die Titans het tot 34/0 gevorder toe swak lig ’n groot hap uit die laaste uur en ’n half se spel geneem het.

Heino Kuhn (27*) en Aiden Markram (7*) hervat Vrydagoggend die besoekers se eerste beurt, nog 172 lopies weg van die Lions se eerste beurt.

Die Lions het reeds vroeg gesteier op 29/4, maar ’n vennootskap van 89 lopies om die vyfde paaltjie tussen Yaseen Valli (40, 117 m, 99 b, 7x4) en Dwaine Pretorius (72, 192 m, 124 b, 11x4) en 68 om die sesde paaltjie tussen Pretorius en Mangi Mosehle (41, 70 m, 46 b, 7x4, 1x6) het effe aansien gegee.

Tog het die dag aan die verwoestende Siboto behoort.

  • Khaya Zondo (139*, 199 m, 221 b, 23x4) het geskitter met die kolf vir die Dolphins in hul eerste beurt van 285/5 teen die Cape Cobras in die Paarl.

Dane Paterson het 4/46 vir die Cobras geneem, maar in die geheel was dit ’n frustrerende dag vir die tuisboulers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.