Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Vinnige Fanie: Hou emosie uit dié debat

Hou die emosie uit die debat rondom krieket en politiek, wat die laaste ruk in Suid-Afrika oopgekrap is.

Dit was die boodskap van die voormalige Protea-snelbouler van die nasionale span, Fanie de Villiers, toe hy om sy mening genader is.

Die voormalige Protea-snelbouler Fanie de Villiers. Foto: Argief

“Emosie bring verwronge feite, maak nou nie saak aan watter kant van die draad daar gestaan word nie. As die emosie uit die verskillende sienings gehaal word, dan seëvier nugtere denke en kom jy by berekende menings uit,” sê hy.

“Daar is ’n plek vir almal in die son en gelyke geleenthede moet vir almal geskep word. Deur menings te gee wanneer jy emosioneel is, speel jy so reg in die hande van die ekstremiste,” verwoord De Villiers sy siening.

Hoe onlosmaaklik sport en politiek is, ongeag talle versoeke oor die jare heen dat dit nie bedmaats moet wees nie, is onlangs maar net weer aan die groot klok gehang met die Black Lives Matter-beweging.

Verlede week is daar uit plaaslike krieketkringe verskeie menings geopper, wat alle kante van die spektrum dek.

Dit het ook maar net weer bewys hoe rou die wonde nog is en hoe ’n emosionele onderwerp dit is.

Daar is ’n plek vir almal in die son en gelyke geleenthede moet vir almal geskep word.
Fanie de Villiers

De Villiers was veel eerder bereid om homself uit te laat oor die toernooi waarin drie spanne hierdie naweek op SuperSportpark in Centurion in aksie gaan wees, in wat ’n splinternuwe formaat vir die spel is.

Anders as puriste wat hul neus optrek vir hierdie nuutjie en dit as ’n sirkus afmaak, eerder as krieket, glo De Villiers dit is ’n bousteen in die evolusie van die spel.

“Soos met die politiek en die spel, voel ek moet die emosie ook uit dié onderwerp gehou word. Sien dit bloot as ’n manier om die spel uit te bou en ’n nuwe klomp ondersteuners te wen. Dit gaan oor die vermaaklikheidswaarde en die effek wat dit kan hê om ’n nuwe gehoor na die spel krieket te lok,” sê hy.

“Ek voel dit moet veral gerig wees op die jongelinge wat die spel net wil geniet en nie te betrokke wil raak in wat nou eintlik die geskiedenis van die spel is nie. Op hierdie manier kry jy dan soveel meer jong mense om ’n gevoel vir krieket te ontwikkel en hul liefde vir die spel te kweek.”

Meer oor:  Krieket  |  Proteas  |  Fanie De Villiers  |  Lungi Ngidi  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.