Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Virus saai chaos in Nieu-Seelandse sport

Twee nuwe koronavirus-gevalle in Auckland het Nieu-Seeland se krieketbase Saterdag genoop om twee T20-wedstryde teen Australië te herskeduleer, terwyl ander sportkodes hul opsies oorweeg.

Die Blues het Saterdag ’n sege oor die Hurricanes gevier, maar daarna die moontlikheid in die gesig gestaar dat hulle weens nuwe koronavirus-gevalle dalk nie kan terugkeer na Auckland nie.Foto: Getty Images

Nieu-Seeland se premier, Jacinda Ardern, het Auckland, die land se grootste stad, aangesê om van Sondag af vir sewe dae in te perk en hul huise slegs vir noodsaaklike inkopies en werk te verlaat. Die stad is op Vlak 3 van die inperkingstelsel.

Dit volg nadat ’n 20-jarige Vrydag dokter toe is om ’n Covid-19-toets te laat doen, en van daar af gimnasium toe is. Ná ’n positiewe uitslag ontvang is, is die persoon se ma ook getoets en met die virussiekte gediagnoseer. Sy is asimptomaties en in isolasie.

Ardern het die situasie volgens die New Zealand Herald as “frustrerend” bestempel.

Die res van Nieu-Seeland staar Vlak 2-inperkings – en dus ‘n beperking op die hoeveelheid mense by openbare byeenkomste – in die gesig.

‘n Woordvoerder van Nieu-Seeland Krieket het Saterdag gesê die derde wedstryd in die huidige T20-reeks teen Australië sal steeds Woensdag in Wellington plaasvind, maar sonder toeskouers.

Die vierde wedstryd, wat vir Vrydag in Auckland geskeduleer was, sal ook nou in Wellington plaasvind – en ook agter geslote deure.

Die jolige atmosfeer wat Donderdag in die T20-wedstryd tussen Nieu-Seeland en Australië geheers het, sal nie in die volgende twee kragmetings herhaal word nie, met toeskouers nie welkom nie. Foto: Getty Images

Volgens die woordvoerder sal hulle met die regering skakel voor hulle besluit of toeskouers toegelaat sal word by die laaste wedstryd, op 7 Maart in Tauranga.

Geen sport word toegelaat op Vlak 3 van die inperking nie, sodat dit onwaarskynlik is dat die eindstryd van die Amerikasbeker tussen Span Nieu-Seeland en die Italiaanse Luna Rossa-span wel aanstaande Saterdag in Auckland sal begin.

Wat die Superrugby Aotearoa-reeks betref sal aanstaande naweek se wedstryd tussen die Chiefs en Highlanders in Hamilton en die tweestryd tussen die Crusaders en Hurricanes in Christchurch na verwagting voortgaan – straks in leë stadions.

Auckland se Superrugby-span, die Blues, het Saterdag ‘n sege oor die Hurricanes in Wellington gevier voor hulle moes begin aandag gee aan die vind van ’n nuwe korttermyn-basis.

Hulle het aanstaande naweek ’n loslootjie, maar sal nie toegelaat word om te oefen as hulle terugkeer na Auckland nie. – Sportredaksie, Sport24

Meer oor:  Blues  |  Nieu-Seeland  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.