Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Virus trek Pakistani plat voor WB

Shadab Khan, veelsydige krieketspeler van Pakistan, is in ’n wedloop teen tyd gewikkel om betyds reg te wees vir die Wêreldbeker-toernooi wat laat in Mei in Engeland en Wallis begin.

Shadab Khan vroeër vanjaar op Nuweland in aksie teen Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Die 20-jarige Khan, wat in sy land se groep vir die Wêreldbeker-toernooi ingesluit is, is weens siekte aan Pakistan se groep vir die toer na Engeland onttrek.

Pakistan sal in ’n enkele T20-wedstryd en vyf eendagwedstryde teen die Engelse te staan kom.

Die Pakistanse Krieketraad sê in ’n verklaring Khan het ’n virus onder lede waarvoor hy behandel moet word. Hy sal minstens vier weke langs die kantlyn wees.

Pakistan, wat in 1992 die wêreldkampioen was, begin sy aanslag op die titel op 31 Mei teen die Wes-Indiese Eilande in Nottingham.

Spanne word toegelaat om tot 23 Mei veranderinge aan hul groepe aan te bring. – Reuters

Meer oor:  Wêreldbeker-Kriekettoernooi  |  Pakistan  |  Krieket  |  Virus  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.