Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Visum-probleme kelder Kyle
Kyle Abbott in aksie vir Durban Heat in die Mzansi-superliga. Foto: Gallo Images

Kyle Abbott, die voormalige Protea-snelbouler wat die graafskap Hampshire se groot paaltjievraat is, gaan weens reisprobleme die hele verkorte Engelse krieketseisoen misloop.

Abbott en die graafskap het met die visumprobleme waarmee hy gesukkel het te midde van die Covid-19-pandemie gesamentlik ooreengekom dat hy nie vanjaar soontoe gaan terugkeer nie. Sy tydjie daar sou boonop verder verkort gewees het, omdat hy met sy aankoms ook eers in isolasie sou moes gaan.

Giles White, direkteur van krieket, sê hulle was deurentyd op hoogte van sake.

“Daar was goeie kommunikasie met Kyle. Met alles inaggenome, het ons almal gevoel dit sal die beste vir hom wees om in Suid-Afrika te bly.”

Die 33-jarige Abbott, wat tot dusver as Kolpak-speler vir Hampshire gespeel het, het verlede jaar sy kontrak met dié graafskap met drie jaar verleng.

Hampshire sê op sy webtuiste dat Abbott volgende jaar as ’n oorsese speler geregistreer sal word.

Abbott het in 2014 as oorsese speler vir Hampshire gespeel en hom in 2017 weer by die graafskap as Kolpak-speler aangesluit nadat hy besluit het om die Proteas die rug toe te keer.

Sy 72 paaltjies verlede seisoen was die meeste deur ’n snelbouler in die meerdaagse graafskapkampioenskap.

Dié bestendige bouler is sedertdien een van Hampshire se waardevolste spelers. Sy statistieke daar is uitstaande, sy 72 paaltjies verlede seisoen was die meeste deur ’n snelbouler in die meerdaagse graafskapkampioenskap.

Hampshire het verlede week in Hove die eerste van vyf groepwedstryde in die nuwe eersterangse reeks om die Bob Willis-trofee teen Sussex met 94 lopies verloor.

Hampshire speel van Saterdag af weer in ’n wegwedstryd teen Middlesex. – Sportredaksie, ageasbowl.com

Meer oor:  Kyle Abbott  |  Engeland  |  Hampshire  |  Krieket  |  Graafskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.