Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Vroue dalk goue gans wat vir KSA eiers lê
Die toekoms van vroue-krieket is rooskleurig en kan in die toekoms ook ’n waardevolle bydrae tot Krieket Suid-Afrika se finansies lewer. Foto: Getty Images

Die groei van vrouekrieket kan tot Krieket Suid-Afrika (KSA) se finansiële redding kom in ’n onsekere toekoms.

Jacques Faul, waarnemende uitvoerende hoof van KSA, het vandeesweek op ’n aanlyn nuuskonferensie gesê daar heers wêreldwyd groot onsekerheid oor krieket se toekomstige befondsingsmodel.

“Die model was al voor die Covid-19-pandemie in die moeilikheid,” sê Faul. “Uitsaairegte het reeds ’n kleiner inkomste begin oplewer as wat verwag is.”

Die tradisionele befondsingsmodel in Suid-Afrika het grotendeels op drie pilare gerus. Die verkoop van uitsaairegte wanneer Suid-Afrika internasionale krieket op tuisbodem speel, het die grootste inkomste opgelewer. Dan het borge ook ’n groot bydrae tot die geldkoffers gelewer.

Die derde inkomstestroom was KSA se aandeel van die wins wat die Internasionale Krieketraad (IKR) gemaak het met die aanbied van wêreldtoernooie.

Al drie dié bronne van inkomste is nou verwant aan die sukses van die Protea-mans.

Jacques Faul, waarnemende uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika.

Faul glo egter as jy kyk na die opkoms en die groeiende gewildheid van vrouekrieket, kan dit beslis help met die befondsing van krieket in die toekoms.

“Wat my opgewonde maak, is die groei in vrouekrieket,” sê hy.

“Die mans was tot nou toe die groot inkomstebron vir KSA. Ek glo ons kan die vroue-span só ontwikkel om ook inkomste te genereer vir die sport,” sê Faul.

  • KSA het Donderdagaand probeer vure doodslaan nadat Graeme Smith, sy direkteur van krieket, sy steun aan die voormalige Indiese kaptein Sourav Ganguly toegesê het om die volgende president van die IKR te word.

Shashank Manohar is die huidige president van die IKR, maar verkiesings vir dié amp word later vanjaar gehou.

KSA het in ’n verklaring gesê dat die IKR se protokol gerespekteer moet word.

“Daar is nog geen benoemings vir kandidate nie. Wanneer sulke benoemings gemaak word, sal die raad van KSA besluit wie om te ondersteun,” het Chris Nenzani, president van KSA, gesê.

Meer oor:  Krieket  |  Ksa  |  Vrouekrieket  |  Jacques Faul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.